Categories: NewsPublished On: 22nd September 2016

Veiligheidsberade skop in die Vrystaat af

By 1 min read
212 words

veiligheidsberaadbloempanoramic

Die eerste van ’n reeks veiligheidsberade wat die Polisie in samewerking met die VKB/VL Veiligheidslessenaar in die Vrystaat beplan, het op 21 September 2016 by Bobbiespark in Bloemfontein plaasgevind. Die berade word aangebied as deel van die Polisie en die lessenaar se pogings om landelike veiligheid in die provinsie te bevorder.

’n Soortgelyke veiligheidsberaad is reeds verlede jaar in die Lejweleputswa Cluster, wat Bothaville insluit, aangebied. ’n Beraad het ook op Saterdag, 3 September 2016, op Harrismith plaasgevind om veral die krisis met veediefstal in die gebied te bespreek.

Die berade se hooffokus is om Polisiebeamptes van die onderskeie clusters en boere te laat vergader sodat kwessies openlik bespreek kan word. Samewerking op verskeie vlakke binne die raamwerk van die Landelike Beveiligingsplan (LBP) om misdaad te beveg sal ook hoog op die sakelys wees. Van die besprekingspunte wat tydens die beraad op Bloemfontein uitgelig is, is:

– Aksieplanne en inoefeninge van landelike veiligheidsinisiatiewe;

– Profielbepalings van plase en die vloei van inligting (aanmelding van sake/deel van inligting);

– Landelike veiligheidsvergaderings en die belangrikheid van bywoning deur alle rolspelers;

– Gebrekkige mannekrag en toerusting soos voertuie by veral landelike Polisiestasies;

– Vertrouensverhoudinge tussen boere en die SAPD; en

– Misdaad asook misdaadvoorkomingsoperasies.

Nog twee berade word vir die jaar beplan.

 

Bron: VKB/VL Veiligheidslessenaar

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0