Categories: NewsPublished On: 5th July 2016

Veekuddes in die Vrystaat is kleiner

By 1 min read
258 words

DSC_0492

Die nagevolge van die droogte is dat veekuddes in die Vrystaat teen die einde van Januarie 2016 reeds met 20% verminder het, het Neels de Villiers tydens sy voorsittersrede by die Vrystaat RPO-kongres gesê. Dit is volgens ‘n opname deur die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, wat deur die RPO aangevra en befonds is.

Verdere veeverminderings as gevolg van die naderende winter het plaasgevind omdat produsente nie genoeg voer of weiding het nie. Kuddes in sekere gedeeltes het reeds met 40 tot 50% verminder. Hy het daarop gewys dat die verbruikers se bestedingsvermoë steeds die grootste prysdrywer is. Dit word beïnvloed deur ekonomiese groei, die wisselkoers, rentekoerse wat styg, werkloosheid wat toeneem, voedsel en vleis wat skaars en duur gaan raak en stygende voedselinflasie wat verbruikers dwing na goedkoper proteïenbronne, wat ‘n negatiewe invloed op die prysverwagtinge van rooivleisprodusente gaan hê.

Dit bly egter steeds elke produsent en die RPO se verantwoordelikheid om die klem te laat val op die kwaliteit en die gesondheidswaarde van rooivleis. Om saam met die koor te kla oor verbruikerspryse van rooivleis, is nie in belang van die bedryf nie, het hy gesê. Die RPO monitor die afgelope vyf jaar vleispryse by drie supermarkte en een slaghuis in Bloemfontein.

Hiervolgens word verbruikers nie uitgebuit nie. Produsente kry 45% vir skaapvleis en 50% vir beesvleis van elke rand wat spandeer word. Vleispryse is wel uitermatig hoog by sommige handelaars. Verbruikers moet aangemoedig word om met voete te koop en nie die uitbuiters te ondersteun nie. Vleisaankope in groot maat is ook goedkoper, het Neels gesê.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0