Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 17th March 2026

Van rugbyveld tot Kareekraal se lande, Kwagga Smith maak staat op RSA Grain Storage Solutions

By 2 min read
424 words

NAM02350

Willem Loots, mede eienaar en direkteur van RSA Grain Storage Solutions saam met Kwagga Smith.

Net buite Dullstroom het een van Suid-Afrika se geliefde rugbyhelde, Kwagga Smith, saam met sy vrou, Ilse, ’n stukkie grond gekoop wat hulle Kareekraal gedoop het. Hier boer die egpaar met sojabone, mielies en okkerneutbome, terwyl die plaas ook as ’n gasteplaas dien waar besoekers die ware plaaslewe kan ervaar.

Maar boerdery bring sy eie uitdagings. Kwagga verduidelik dat die lande nie altyd spasie het vir trokke om te draai of selfs in te kom nie. Daarom het hy ’n oplossing gesoek om graan te stoor voordat dit na die silo’s geneem word.

“Hier by ons is dit nie so plat soos in die Vrystaat nie. Ons lande is kleiner, maar die hoeveelheid wat ons plant bly dieselfde,” sê hy.

Die antwoord op sy probleem het gekom in die vorm van RSA Grain Storage Solutions se mobiele graandamme. Hierdie damme kan vinnig opgeslaan word, bied veilige berging en kan ná die oes-seisoen weer afgeslaan of verskuif word.

“Ons was op soek na ’n graandam wat ons kon opslaan waar trokke nie kan uitkom nie. So kan die stroper in die lande werk, die tapkar laai en direk in die graandam uitgooi,” verduidelik Kwagga.

Die voordeel is duidelik, die naaste silo is sowat 80 km weg, wat beteken dat die graandam vir hulle tyd koop.

“Die tyd is die groot ding. Partykeer wag jy ure vir ’n trok om terug te kom. Met die graandam kan ons stroop wanneer die son skyn en die graan veilig kry voor die reën kom.”

Die mobiele graandamme is eenvoudig om op te slaan: ’n draadraam met ’n seil binne, en ’n kopstuk wat die graan teen reën beskerm. Met kapasiteit van tot 130 ton bied dit genoeg spasie om jou oes vinnig van die lande af te kry. Dit verbeter ook die gehalte, aangesien die graan stelselmatig uit die dam gelaai kan word.

Kwagga Smith is trots op sy boerdery.

Vir Kwagga is RSA Grain Storage Solutions meer as net ’n diensverskaffer. “Hulle is soos ’n spanmaat. Hulle graandamme help om goeie gehalte te behou en verliese te voorkom. Vir my is dit ’n vennootskap wat die boerdery makliker maak.”

Van die rugbyveld tot in die landerye wys Kwagga Smith dat sukses nie net oor krag gaan nie, maar oor slim beplanning. Met Kareekraal en RSA Grain Storage Solutions aan sy sy, stroop hy nie net graan nie – hy stroop ook tyd, gehalte en gemoedsrus.

Om te leer hoe RSA Grain Storage Solutions vir jou sielerus kan gee, besoek hul webtuiste by www.rsagrainstoragesolutions.co.za

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0