Categories: Artikels, VeilingsPublished On: 11th December 2024

Van ’n Bonsmara kan jy Nu-Alcade niks vertel nie … kom kyk by hulle opkomende veiling!

By 4 min read
647 words

12239-Proagri-1600x840px-(AFR)

Die Nu-Alcade Bonsmara-groep het oor dekades heen ’n stewige naam opgebou as een van Suid-Afrika se voorste groep telers van mediumraam Bonsmaras. Met 14 toegewyde telers versprei oor die noordooste van die land, streef die groep daarna om topgehalte diere te teel wat bydra tot die volhoubaarheid van beesboerderye.

Hierdie telers se kuddes is bekend vir hulle uitstekende funksionaliteit, vrugbaarheid en aanpasbaarheid. Hulle spog met goeie bouvorm, melkproduksie, en reproduksie-eienskappe, alles eienskappe wat hulle uiters geskik maak vir enige plaasopset.

Nu-Alcade se strategiese ligging in Limpopo stel hulle diere in staat om maklik van noord na suid of oos na wes te beweeg. Die groep bied twee keer per jaar produksieveilings aan, wat altyd opgewonde kopers lok danksy die gehalte en eenvormigheid van die vee.

Hoekom Bonsmara?

Bonsmaras is een van die gewildste beesrasse in Suid-Afrika en dit met goeie rede. Hulle kan by byna enige veldomgewing aanpas, wat hulle geskik maak vir die meeste boerderye.

Die ras is ook bekend vir uitstekende moederseienskappe en melkproduksie, wat hoë speenmassas verseker; gemaklike kalwing en hoë vrugbaarheid, wat deur streng seleksie gewaarborg word; en uitmuntende prestasie in voerkraaltoestande. Verder is Bonsmaras maklik hanteerbaar weens hulle rustige temperament en speel hulle ’n groot rol in kruisteelprogramme danksy hulle ekonomiese prestasie.

Gaan haal jou spaarbussie, Nu-Alcade hou veiling!

Hierdie produksieveiling vind plaas op 20 Februarie 2025 om 11:00 te Warmbad Veemark. Die veiling word aangebied deur Vleissentraal en diegene wat aanlyn wil bywoon kan so maak via SwiftVee.

Nie net bied Nu-Alcade staatmaker diere aan nie, maar ook gratis vervoer van bulle binne ’n radius van 350 km. Verder word bulle vir 30 dae verseker.

Op aanbod is die volgende:

  • 25 SP bulle
  • 200 kommersiële vroulike diere
  • 250 slagvee
  • 200 speenkalwers

Leer ken die lede

Nu-Alcade bestaan uit 14 trotse lede wat elkeen hulle unieke bydrae lewer. Hier is die gesigte agter die groep:

Beneke Bonsmaras

Hannes Beneke, ’n boer in Nylstroom, glo vas dat om te meet, is om te weet. Sy kudde het al as ’n finalis in die Limpopo-streek presteer en hy fokus op prestasietoetsing en streng seleksie.

Bestrina Trust Boerdery

Bestrina Trust is gevestig in Bela-Bela en streef daarna om mediumraam, vrugbare Bonsmaras te teel wat by die bosveld aanpas. Hulle diversifiseer ook met wild en Bosvelder-skape.

Frans Smit Trust

Hierdie gemengde boerdery spesialiseer in bees- en skaapboerdery, asook sitrus en graan. Hulle bied geharde, goed-aangepaste verse by elke veiling aan.

Inni-Bos Bonsmaras

Louw de Wet bou aan sy Bonsmara-stoet in Marble Hall, wat gebaseer is op sy liefde vir die “Rooi Bul.” Sy kudde spog met uitstekende genetika en aanpasbaarheid.

Interswart Bonsmaras

Francois Swart, ’n ingenieur, het sy droom van beesboerdery verwesenlik met ’n kudde op sy plaas in Northam. Hy fokus op streng seleksie en weiveldbestuur.

Kiep Holdings

Benjamin Johnson, skoonseun van die laat Enrico Greyling, lei ’n Bonsmara-kudde in die Waterberg en dra sy vader se nalatenskap voort.

Langkloof Bonsmara Stoet

Braam en Lilanie Viljoen, gevestig in Alma, fokus op genetiese uitnemendheid en volhoubaarheid. Hulle leuse, “Passie teel perfek,” weerspieël hul toewyding.

Netkor Bonsmaras

Netkor, wat gevestig is in die Sterkrivier-vallei, fokus op vrugbaarheid en melkproduksie in hulle kommersiële kudde.

Ouhoudt Boerdery

Ouhoudt teel geharde, aanpasbare Bonsmaras met uitstekende vrugbaarheid en groei.

Sebadja Bonsmaras

Sebadja se mediumraam-beeste kan goed melk en maklik kalf. Hulle is gevestig in Loskopvallei.

Thinus Maritz Boerdery

Met diverse gene, kweek hierdie boerdery vrugbare Bonsmaras met goeie karkaseienskappe.

Walt Landgoed

Hierdie gemengde boerdery se Bonsmara-afdeling, gevestig in Settlers, bied goed-aangepaste, geslote kuddes met uitstekende melkeienskappe.

Vir meer inligting

Besoek gerus die Nu-Alcade webblad by www.nualcadebonsmaras.co.za.

Kontak enige van die volgende persone om addisionele inligting te bekom:

  • Carel Chalmers: (+27)82-896-9586
  • Hendrik van der Walt: (+27)83-628-9301
  • Johan Bester: (+27)82-838-8976
  • HP van der Walt: (+27)81-011-2049
  • Mike Killassy (afslaer): (+27)82-378-8112
  • Pieter-John Venter (afslaer): (+27)82-924-5156

Kontak Tiny Smith – 082 698 3353 / tiny@proagri.co.za of Bianca Henning – 082 326 2572 / bianca@proagri.co.za om jou veiling te bemark.

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1