Categories: IrrigationPublished On: 9th June 2014

Valley Irrigation ken sy storie, bult op en bult af

By 3 min read
616 words

Op Kootjie Viljoen se plaas, Oewerzicht, naby Greyton in die Wes-Kaap, MOET Valley sy storie ken. Daar is sekerlik ander spilpunte wat teen opdraandes kan uitloop, of hellings kan hanteer, maar om een te kry wat gelyk op en af loop terwyl hy bergklim, is voorwaar ’n prestasie!

Valley IrrigationDit is baie maklik om met die Valley te werk, sê Doewie Viljoen van Oewerzicht naby Greyton. “Kyk, ek druk net die knoppie.”

“Dit is hoekom ons Valley gekoop het,” sê Doewie Viljoen, besproeiingsbestuurder van die boerdery. Die eerste Valley is nou so vier jaar op die plaas en Doewie sê op grond van die goeie diens wat hulle ontvang en die probleemvrye besproeiing, het hulle dadelik weer vir Valley genader om die boerdery se groente-afdeling uit te brei.

Die hellings is ’n groot uitdaging, maar Valley se mense het kom help met die uitmeting en beplanning en die tweede vyftoring doen nou van Januarie af onverstoord sy werk oor berge en deur dale. Daar is altesaam 84 hektaar onder groente, hoofsaaklik kool en brokkoli, en die twee Valley-spilpunte benat die grootste deel daarvan. Wanneer daar nie groente op die land is nie, word weiding vir die skape geplant of mielies vir kuilvoer.

Kootjie sê die spilpunte vorm ’n baie belangrike deel van die boerdery, want daar moet na oeste vinnig weer geplant word om die grond behoorlik te benut, en vir reën kan daar nie gewag word nie. Vloeibare kunsmis word ook baie doeltreffend en sonder enige probleme deur die spilpunte toegedien.

Valley IrrigationDie Valley-spilpunt loop regtig bult op en af sonder enige aanpassings!

Al die Valley-spilpunte se pype is ten volle gegalvaniseerd en die spilpunt wat nou al ’n hele paar jaar se aanhou werk agter die blad het, lyk nog net so mooi en staan nog net so stewig soos op sy eerste dag. Die besproeiing geskied regstreeks van onder uit die vallei uit die Riviersonderendrivier (regtig!) en die pompe en spilpunte moet voorwaar hulle storie ken om die water orals eweredig te lewer.

Op Oewerzicht word daar min water op ’n slag toegedien, maar baie dikwels, om te verseker dat die water in die grond indring en nie langs die hellings afloop nie. Doewie vertel dat hulle in hulle droë tyd in Januarie skielik ’n ongelooflike klomp reën gekry het en toe het hulle gesien wat kan gebeur as die land spoel. ’n Streep mielies loop tot anderkant die pad soos die pitte uitgespoel het. Skedulering vir die besproeiing geskied dus streng op grond van wat die grondvogmeters sê en die stelsels kan per radio beheer word. Buitendien betaal hulle vir elke druppel water en dit kan nie vermors word nie. “Op die ou end gaan dit oor goeie diens en betroubaarheid en dit kry ons by Valley,” sê Kootjie. “Jy kan maar net so in die vallei af kyk om te sien Valley is koning hier.”

Die tegniese man wat gereed staan om te help as enigiets sou fout gaan, is Bertus Coetzee, en verder sorg Gert Engelbrecht en sy span van Overberg Agri dat boere die regte raad en die regte toerusting op die regte tyd kry. Doewie sê: “Kyk, hy val nie om nie, hy sit nie vas nie, hy verstop nie en hy gaan staan nie – wat wil jy meer hê?” Daar is ook ’n storie van ’n boer wat sy Hilux in die spilpuntspoor vergeet het en die Valley wat onverstoord oor hom gery het, maar daaroor wil niemand praat nie…

Vir meer inligting oor hoe jy ook die lewe se op- en afdraandes met Valley-spilpuntbesproeiing kan baasraak, praat met Gert van der Werff by gert.vanderwerff@valleyirrigation.co.za, of besoek Valley se webwerf by www.valley-za.com.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0