TXL Bovelder-bulveiling spog met uitsonderlike pryse!

Lot 8
Die duurste geregistreerde Bovelderbul, Lot 8 (TXL 20-253), is vir R480 000.00 verkoop aan Deale Bovelders van Vrede.
Op 21 September 2023 het TXL Bovelder’s hulle 16de produksieveiling gehou te Vivo. Die veiling het ‘n groot aantal kopers van regoor die land gelok, gretig om die uiters gesogte Bovelderbeeste aan te skaf. Die pryse op die veiling behaal het TXL se verwagtinge oortref, en die diere het op die dag vir hulself gepraat.
Die indrukwekkende 100% verkope is ‘n bewys van die topgehalte diere wat op veiling aangebied was. Vleissentraal Bosveld het hulself weer goed van hulle taak gekwyt. Sors Snyman was die afslaer.
Die gemiddelde en hoogste pryse van die dag:
Bulle:
- Die gemiddelde prys vir die 25 Bovelderbulle was R147 000.00.
Vroulike diere:
- Dragtige koeie verkoop teen ’n gemiddelde prys van R24 970.00.
- Oop verse verkoop teen ’n gemiddelde prys van R13 450.00.
As jy jou veiling wil bemark kontak:
Lynette van Tonder – 074-694-4422 – lynette@agri4all.com
Tiny Smith – 082-698-3353 – tiny@agri4all.com