Categories: NewsPublished On: 11th July 2017

Trekker- en stroperverkope is hoër as ‘n jaar gelede

By 1 min read
166 words

tractor_clip_art_18056

Trekker- en stroperverkope vir Juniemaand is hoër as dieselfde tyd verlede jaar.

Trekkerverkope van 479 eenhede in Junie is aansienlik (24%) hoër as die 385 eenhede wat verlede Junie verkoop is.   Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou byna 3% hoër as verkope verlede jaar.   Stroperverkope van 20 eenhede is een eenheid meer as verkope verlede Junie.   Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou 11% hoër as vir die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Algehele sentiment in die mark is op die oomblik redelik positief.   Terwyl boere oes kan hulle produksie beter raam en hoewel gewaspryse bedruk is weens rekordoeste, kan hulle beter ingeligte besluite neem oor die aankoop van toerusting.   Die wisselvalligheid van die rand beïnvloed ook boere se besluite oor aankope.   Waar moontlik koop hulle toerusting aan terwyl voorraad beskikbaar is teen laer pryse, omdat die voorraad verkry is terwyl die rand sterker was.

Volgens ramings vir 2017 behoort algehele trekkerverkope tussen 5 700 en 6 000 eenhede te wees, of minstens so goed as in 2016.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

0
Views: 437Comments Off on Trekker- en stroperverkope is hoër as ‘n jaar gelede

Deel hierdie artikel.

0