Categories: NewsPublished On: 5th October 2016

Toets jou bulle vir vrugbaarheid

By 1 min read
194 words
Bulle

dsc_0928

“Boere sê gewoonlik dis duur om bulle te toets vir vrugbaarheid, maar die boer verloor al klaar R4 000 per jaar as die koei nie dragtig raak nie,” sê dr Hanri Bester-Cloete, veearts by Vrede-dierehospitaal. Sy het oor die belangrikheid van vrugbaarheidstoetse by bulle gesels by Braunvieh se inligtingsdag.

Die bulle wat boere verkieslik wil hê, moet die optimale aantal koeie dragtig kry, het geen siektes nie, normale lewensverwagting en geen oorerflike gebreke nie.

Die toets van bulle behels die volgende: Die algemene gesondheid van die bul word getoets, kliniese gesondheid, geslagstelsel (inwendig en uitwendig), semenmonster, skedeskraap vir geslagsiektes en dekbehendigheid.

Indien ‘n bul 75% of meer normale lewendige sperme het, dan is hy reg vir ‘n veiling.

“Indien daar wel opgetel word dat die bul ‘n vrugbaarheidsprobleem het vat dit tot twee maande voor die probleem herstel word,” sê sy.

Daar is ook verskeie voorvalle wat die semenkwaliteit van ‘n bul beïnvloed soos koors, trauma, infeksie soos brussellose, hittegolf, oorvoer en geneties.

Die belangrikheid aan die einde van die dag is om te onthou dat boerdery ‘n besigheid is en boere het hoë besettingsyfer en kalfpersentasie nodig. “So toets jou bulle,” sê dr Hanri.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0