Categories: NewsPublished On: 15th February 2017

TLU SA se Jongboere kom byeen

By 1 min read
131 words
TLU SA

tlu

Die TLU SA se Jongboerkomitee hou op Woensdag, 15 Maart van nege-uur tot drie-uur sy jaarlikse konferensie by Journey’s in Midrand, Gauteng.  Vanjaar se tema is “volhoubaarheid vir die volgende generasie” en bywoning is gratis vir TLU SA-lede.  Vir nie-lede beloop dit R200.

Dit is belangrik dat die jongboere ingelig en bemagtig moet word om die uitdagings van landbou te verstaan en te trotseer, vandaar die spesiale konferensie wat vir hulle aangebied word.

Vanjaar se sprekers is Bennie van Zyl (120 jaar tot hier), dr Hennie Davel (Landbou en die ekonomie van SA), dr Hannes Dreyer (Die veebedryf in Suid-Afrika), Louis Meintjes (Jongboer, JY is die toekoms), George Barnard (Graanverbouing in uiterste omstandighede) en Edward Leversage (2016 Jongboer van die jaar-wenner).

Vir verdere navrae kontak Runel Matthews by 012-804-8031.

Bron: TLU SA

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0