Categories: NewsPublished On: 5th September 2016

TLU SA Jaarkongres die week

By 1 min read

TLU sa logo

TLU SA hou die week sy algemene jaarkongres in Pretoria met die tema: “Kommersiële Landbou: Die Sleutel tot Stabiliteit”. Benewens TLU SA se president, mnr Louis Meintjes, wat sy Presidentsrede gaan lewer, is daar ook verskeie ander sprekers wat aktuele sake gaan toelig.

Dr Theo de Jager, voorsitter van Agri All Africa, gaan praat oor “Die rol van die beleidsomgewing vir voedselsekuriteit in Suidelike Afrika.”

Prof Koos Malan van die Departement Publiekreg aan die UP se Fakulteit Regsgeleerdheid, gaan praat oor “Die ongewaarborgde waarborge van die hoogste reg – die Grondwet en eiendomsreg.”

Die bekende ekonoom, dr Roelof Botha, gaan praat oor “Bedreigings en geleenthede vir die landbousektor in Suid-Afrika”.

Die verrigtinge begin om 08:30 op Woensdag 7 September 2016 by die WNNR se konferensiesentrum in Pretoria.

0
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
0