Categories: NuusPublished On: 10th October 2018

TLU SA Internasionaliseer die grondkwessie

By 1 min read
175 words

TLU sa logo

As president Cyril Ramaphosa blatante onwaarhede in die buiteland oor Suid-Afrika vertel, het TLU SA geen ander keuse as om die korrekte feite na die internasionale arena te neem nie.

So ‘n geleentheid is aan die einde van November wanneer die VN se Menseregtekommissie sy elfde sessie oor Minderheidsaangeleenthede in Genéve aanbied. Die tema handel oor “Staatloosheid – ‘n minderheidsaangeleentheid”.

TLU SA is van mening dat dié tema aanpas by die dreigende kwessie van “Grondloosheid” wat Suid-Afrikaanse boere en ander grondeienaars in die gesig staar as onteiening sonder vergoeding eers in aanvang neem.

Mnr. Henk van de Graaf, voorsitter van TLU SA Noord Streek, beoog om die byeenkoms by te woon en ‘n voorlegging te maak. Hy het al drie vorige Forum-byeenkomste in Genéve bygewoon.

Daar is intussen ook ‘n ondersteuningsfonds in die lewe geroep spesiaal met die doel om hierdie byeenkoms te kan bywoon, en grondeienaars en ander belanghebbendes wat ernstig voel oor die saak, kan ‘n bydrae maak na Oranjekas, Standard Bank rek. No. 271240490 met verwysing 0165375776 of Bystandsfonds.

Bron: TLU SA

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0