Categories: NewsPublished On: 25th March 2011

TLU SA eis optrede teen bek en klouseer

By 1 min read
Die landbou-organisasie, TLU SA is baie besorg oor die oënskynlike trae manier waarop die regering die bek- en klouseer-uitbreking hanteer. 
 
Die organisasie sê dat inligting wat hulle betroubaar bekom het, daarop dui dat die R25 miljoen wat bewillig is om bek- en klouseer te beperk nog nie beskikbaar is nie, of nie aangewend word nie.
 
Hulle sê dat geen doeltreffende padblokkades al in werking gestel is om die verbod op die vervoer van diere af te dwing nie. Besmette vee is reeds van Vryheid na Gauteng vervoer. Die gevaar bestaan dat baie groter dele binnekort aangetas kan wees.
 
“Ons wil dit baie duidelik stel dat verliese van boere weens die trae en onbeholpe hantering van die situasie vir die rekening van die Staat sal wees”, sê mnr  Ben Marais, president van TLU SA. “Ons eis dat inentings vandag nog begin, en nie eers volgende week nie. Ons eis dat behoorlike wetstoepassing sal geskied om die verbod op vervoer van vee af te dwing” aldus mnr Marais.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment