Tigane Bonsmara-stoetboerdery gaan van krag tot krag

22JULHEB 546
Voordat die Tigane Bonsmara-stoetboerdery in 2000 tot stand gekom het, het hulle reeds ‘n lang geskiedenis dat hulle met net die beste geselekteerde koeie en stoetbulle boer.
In 1985 is die eerste Bonsmara-bul vir die boerdery aangekoop en op die kruiskoeie gebruik. Sedertdien word topgehalte Bonsmara-bulle gebruik en nou, in 2021, spog die Tigane Bonsmara-stoet met drie nuwe uitnemende stoetbulle.
Die eerste bul, RPE17-042, is aangeskaf van Essakov Bonsmaras omdat hy ‘n sterk, stewige bul is met goeie syfers. Die ander twee bulle, LAR18-0059 en LAR18-0074, is gekoop by Derick en Tutu Ralfe van UP George Bonsmaras. Beide hierdie beeste is seuns van die LAR-bul, LAR14-200 (wie die hoogste prys behaal het by die Up George veiling in 2017).
“Die doel met die twee LAR-bulle is om bulle te teel wat laer op die been en dikker in die lyf is,” verduidelik Hendrik en Elmarie Beyers van Tigane Bonsmara-stoetboerdery. “Op hierdie manier beoog ons om ook bulle te teel wat goeie groei toon en ‘n lae geboortemassa het. Ons is opgewonde oor ons pad vorentoe en sien uit om te sien wat die nuwe stoetvaars in die kudde kan doen,” voeg hulle by.

Tigane Bonsmara streef daarna om goeie kwaliteit genetika aan stoet- en kommersiële kopers te bied. Daarom is hulle geregistreerd as goedgekeurde Bonsmara Teler by Bonsmara SA.
“Tigane Bonsmara glo in kwaliteit wat saak maak – daarom is die gehalte van die bulle en koeie wat ons aanbied, deur die jare deur middel van streng seleksie deurlopend verbeter,” sê hulle.
“Ons het ook onlangs ‘n suksesvolle KI-program afgeskop met RPE15-018 en RPE17-040 vanaf die Essakov Bonsmaras, met ‘n goeie persentasie aanwas,” verduidelik Hendrik en Elmarie.

“Ons het die bul LAR 17-263 nou gekoop by Kotie Pienaar van Therese Bonsmaras. Ons het ook in Julie ‘n nuwe LAR bul aangekoop by Derick en Tutu Ralfe van UP George Bonsmaras- LAR19-058, dit is ‘n spesialisversbul met uitstekende groei. Ons is baie opgewonde vir die toekoms met hierdie tipe genetika in die kudde.”
Tigane Bonsmara se jaarlikse aanteelveilings word al aangebied sedert 2016.

Tigane Bonsmaras se volgende Aanteelveiling is 04 Augustus 2022 om 11:00vm te Hartbeesfontein.
Aanbod op veiling: 20 bulle waarvan 7 versbulle is. 140 Dragtige Verse en 60 Eerste kalf koeie met kalwers. Gasverkoper: Johan Vosloo Bonsmaras.
Meer oor die veiling hier: https://agri4all.com/product/tigane-bonsmaras-aanteelveiling-04-augustus-2022-om-11-00vm-hartbeesfontein-south-africa


Vir meer inligting en kontakbesonderhede, skakel Izelle Calitz op 082-908-9507 of stuur ‘n e-pos na calitz@lantic.net.