Categories: Artikels, VeilingsPublished On: 19th February 2024

Tien uit tien vir lot 10 by Nu-Alcade Bonsmara-veiling

By 2 min read
401 words

we

Nu-Alcade Bonsmaras se eerste veiling van die jaar het op die 15 Februarie plaasgevind te Warmbad veilingskrale. Tydens hierdie eerste veiling van die jaar het hulle beslis die standaard hoog gestel vir hulle komende veilings van 2024.

Daar was meer as ’n honderd besoekers wat hierdie rooigoud beeste wou kom besigtig. Die uitstaande gehalte diere wat die dag daar was het gelei tot ’n allemintige gemiddelde verkoopprys van R141 190 per bul.

Thinus Maritz se diere het besonders goed verkoop op die veiling. In besonder, lot 10 wat ook vir hoogste prys van die dag verkoop is. Laurence Allem van Mielieboere Bonsmara-groep van Viljoenskroon het die skare op die punte van hulle stoele gehad toe hy die bul vir R620 000 koop.

Laurence vertel dat hy die bul namens hul groep gekoop het. Hy het spesifiek die veiling bygewoon met sy oog op lot 10.

Die veilings was aangebied deur Vleissentraal Bosveld en Mike Killassy was die afslaer van die geleentheid. Hy sê dat die veiling bo verwagting goed gedoen het.

Laurence is in sy noppies dat hy die pragbul van die dag huis toe neem

Die gemiddelde wat op die veiling behaal was soos volg:

Bulle: R141 190.00

Dragtige koeie: R40 000.00

Dragtige koeie en kalf: R70 000.00

Dragtige verse: R29 166.00

Duurste pryse van die dag:

Duurste bul: R620 000.00

Duurste dragtige koei: R40 000.00

Duurste koei en kalf: R70 000.00

Duurste verse: R32 500.00

Hier is ‘n paar hoogtepunte van die duurste bulle indien jy dit gemis het:

LOT 10: https://youtu.be/M4ftRAj-ods

Lot 10 – TMB 210076 verkoop vir R620 000!!! (1ste rekordbul vir Nu-Alcade Bonsmaras)

Koper: Laurence Allem van Allem Brothers Bonsmaras, Viljoenskroon
Verkoper: Thinus Maritz van Thinus Maritz Boerdery, Vaalwater

LOT 15: https://youtu.be/oxTRNdG_OFY

Lot 15 – TMB 210272 verkoop vir R250 000
Koper: Louis Beukes van Sabra Properties
Verkoper: Thinus Maritz van Thinus Maritz Boerdery, Vaalwater

LOT 25: https://youtu.be/BiOPIkh7TXI

Lot 25 – TMB 210263 verkoop vir R70 000 (Rooigoud – Koei met kalf)
Koper: Nick Chapman van Mkepi Game Farm, Kransberg
Verkoper: Thinus Maritz van Thinus Maritz Boerdery, Vaalwater

LOT 26: https://youtu.be/ib2VwQPVhFA

Lot 26 – TMB 210061 verkoop vir R70 000 (Rooigoud – Koei met kalf)
Koper: Nick Chapman van Mkepi Game Farm, Kransberg
Verkoper: Thinus Maritz van Thinus Maritz Boerdery, Vaalwater

Lot 10 wys dat hy sy prys werd is

Baie geluk aan elke verkoper van die Nu-Alcade groep, ook aan elke koper wat die veiling bygewoon het en weggestap het met top gehalte diere.

Laai hier die volledige verslag af.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0