Categories: NewsPublished On: 7th February 2011

Technichem-bewapen-boere-met-tegnologie

By 4 min read
827 words
Technichem bied boere die tegnologie om siektes te voorkom, opbrengste te verbeter en winsgewend te boer!

Enige gewas verdien net die beste sorg wat die boer dit kan gee, want dan gaan dit hom eendag terugbetaal – pit vir pit, rand vir rand. In hierdie dae waar boere baie uitdagings in die gesig staar, soos vanjaar se waterskade, is dit veral nodig dat gewasse daardie ekstra bietjie sorg moet kry om vergeling en swamsiektes, veral in mielies, teë te werk.

Gelukkig is daar maatskappye soos Technichem wat aan die voorpunt van nuwe tegnologie beweeg en wat vir ’n boer die regte kombinasie van spesialiteitsprodukte in die hand te gee sodat hy vroegtydig kan optree om probleme te voorkom.

“Ons strewe is om boere van die nuutste tegnologie teen bekostigbare pryse te voorsien, sodat hulle volhoubaar en winsgewend kan boer,” vertel Boet Wienand onder wie se leiding Technichem 21 jaar gelede tot
stand gekom het. 
 
Hy sê: “Dit is belangrik dat boere in hierdie stadium voorkomend optree teen siektes en hulle kan gerus die hulp van ons kundige verteenwoordigers inroep om hulle met raad te bedien.”
 
Te nat? Red jou mielies
 
Technichem het ’n wye reeks produkte wat ontwikkel is vir die verbetering van opbrengste en wat veral in dié swak klimaatsomstandighede noodsaaklik is.
 
So, byvoorbeeld, kan ’n kombinasie van Messenger en Technikelp plante help om weerstand teen siektes te bied deur ’n breë spektrum voedingstowwe te bekom om groei te bevorder.
 
Technikelp is ’n vloeibare blaarvoedingskompleks wat ’n gebalanseerde reeks voedingstowwe, asook stimulante, bevat wat die produk uiters geskik maak vir ’n wye spektrum van graan- en groentegewasse. Dit vul ook Messenger aan, wat met sy natuurlike aktiewe bestanddeel, harpin proteïen, die plant teen swamaanvalle bewapen.
 
Die middel bluf die plant om dit as ’n patogeen of swam te sien. Die plant span dan al sy verdedigingsmeganismes in om die denkbeeldige bedreiging af te weer. ’n Sistemiese reaksie sorg dat kalsium vrygestel word en deur die plant beweeg, veral na dele wat ’n tekort mag toon.
 
Met die verhoogde beweging van kalsium regdeur die plant word ander voedingstowwe outomaties ook beter gesirkuleer, wat bydra tot sterker selstrukture, beter groei en die opbou van die plant se natuurlike weerstand.
 
Messenger se harpin proteïen help ook die plant se wortelstelsel om weerstand teen aalwurm te bied. Die middel is in Amerika deur Cornell Universiteit ontwikkel en deur Insect Science na Suid-Afrika gebring. 
 
Nog ’n wapen in die stryd teen swamsiektes waarmee Technichem sy boere toerus, is Abacus wat deur BASF ontwikkel is. 
 
Abacus is veel meer as ’n gewone swamdoder. Dit het twee aktiewe bestanddele, naamlik Piraklostrobien (Strobilirien) en Epoksikonasool (Triazool). Die swamdoder is ’n uitstekende middel om noordelike blaarskroei, grysblaarvlek en roes (asook sekere ander siektes) in mielies te beheer.
 
Sojaboonregistrasie sluit in sojaroes en sclerotinia en al die belangrikste grassiektes is op die etiket. Die dosis vir al die gewasse vir siektebeheer is 1 liter per hektaar.
 
Die werking van Abacus berus op drie pilare: 
  1. Verhoogde doeltreffendheid in plantgroei deur verbeterde fotosintese en beter benutting van kunsmis.
  2. Uitstekende siektebeheer van sigbare siektes en lae-vlak of “sub-kliniese siektes” wat nie gesien kan word nie.
  3. Verhoogde spanningsverdraagsaamheid in swak weersomstandighede soos droogte, koue, hael en te veel reën. 
Dit is die soort spesialiteitsprodukte wat Boet Wienand en sy span toegewyde agente, in samewerking met BASF, trots is om aan boere te bied.
 
Technichem rus boere toe
 
Die gedagte aan Technichem het in 1989 ontstaan toe die onttrekking van Shell se landbouchemiese afdeling ’n leemte gelaat het. Die maatskappy, met sy hoofkantoor in die hartjie van die landbou-wêreld te Viljoenskroon, dryf van 1991 af handel.
 
Technichem se produkreeks en ondersteuningsdienste het deur die jare uitgebrei as gevolg van die toewyding van sy kundige personeel en agente, asook die ondersteuning van erkende multinasionale en plaaslike maatskappye soos Monsanto, BASF, Dow, Villa, MASA en DuPont en verskeie ander verskaffers.
 
Jan van der Merwe, Technichem se tegniese bemarkingsbestuurder, sê die agente, wat die grootste deel van die somerreëngebied van Suid-Afrika bedien, is altyd bereid om met boere te gesels oor hulle probleme en spesiale behoeftes en hulle kom gewoonlik met ’n Technichem-oplossing na vore.
 
Soos Boet Wienand sê: “Dit is vir ons belangrik om ons boere toe te rus met die beste tegnologie en diens, sodat hulle siektes kan voorkom, oeste kan verbeter en meer winsgewend kan boer. Sonder ons boere het niemand van ons ’n toekoms in hierdie land nie.”
 
Vir meer inligting oor Technichem en sy produkte, skakel die kantoor by 056-343-3444 of Jan van der Merwe by 079-732-6060. Besoek gerus ook die webwerf: www.technichem.co.za.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0