Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 21st August 2020

Talbert is die boer se watermater

By 2 min read
462 words

talbert 1

Douw, Jannie en Arno Steyl.

‘n Boer koop ’n spilpunt om die bestuur van sy boerdery te vergemaklik, nie om homself met bykomende probleme op te saal nie. Daarom is die verskaffer van die spilpunt net so belangrik soos die spilpunt self.

Talbert se spilpunt het 28 jaar gelede, nog voor ProAgri se geboorte, op die plaas die lig gesien en is ontwerp vir Suid-Afrikaanse omstandighede.

Hier is ’n paar goeie redes om ’n Talbert-spilpunt te kies:

Spesiaal ontwerp

Van turf tot sand, van reuse mielie-sirkels tot ’n lappie lusern vir die skape, Talbert se mense verstaan die boer se behoefte en sorg dat elke stelsel doelmatig ontwerp en opgerig word. Die doel is optimale gewasproduksie en wins. ’n Talbert-spilpunt word ontwerp vir maklike gebruik en jare se probleemvrye werking.

Net die beste materiaal

Talbert span die jongste tegnologie saam met net die beste materiaal in om te verseker dat hulle spilpunte doeltreffend werk. Alle staalkomponente word volgens streng SABS 763-standaarde met ’n warmdoopproses versink. Die pypwande is 3,5 mm. Swaardiens A-raamstrukture verseker probleemvrye werkverrigting, ook in uiterste omstandighede.

Talbert vervaardig elke spilpunt in sy eie fabriek, wat die hoogste gehaltestandaarde handhaaf. Dit verseker ook dat daar altyd onderdele en toebehore beskikbaar is.

Keer verstoppings

Sandvangers, ’n standaardbykomstigheid in al die oorhange, sorg dat die laaste spuitstukke nie verstop nie en maak skoonmaak maklik.

Spuit-by-nag

’n Sterk lig op die laaste toring maak dit moontlik om selfs in die nag, wanneer dit optimale besproeiingstyd is, te sien waar die spilpunt is en sy vordering dop te hou.

Toringseëls

Die unieke Talbert-seëls word van hoë gehalte rubber vervaardig en word heeltemal toegebou om hulle teen skadelike UV-strale te beskerm.

’n Stewige hartklop

Baie aandag word gegee aan die sterkte en stabiliteit van die sentrale toring as hartklop van die stelsel. Die weerbestande beheerpaneel is ontwerp om die beheer van die stelsel maklik en veilig te maak. Ingeboude sensors skakel die spilpunt af as die waterdruk te laag is.

Goedgekeurde swaardiens-ratkaste dryf Talbert-spilpunte aan. Sou daar iets buitegewoons gebeur dat ’n ratkas breek, is daar landwyd ’n volledige reeks onderdele en instaaneenhede beskikbaar.

Flinke landwye diens

’n Landwye handelaarsnetwerk ondersteun Talbert-spilpunte om flinke, kundige diens oral in die land te verseker. Jannie Steyl, stigter van Talbert, sê: “Net soos ons spilpunte aanhou loop op die plaas, loop ons ’n pad saam met die boer. Ons span streef daarna om enige spilpunt wat weens ’n probleem gaan staan, binne 24 uur weer aan die werk te kry.”

Vind meer uit oor Talbert se produkte; skakel Douw Steyl by 082-451-3754, Arno Steyl by 072-344-0683, die kantoor by 051-435-7778 of stuur ’n e-pos aan douw@talbert.co.za of arno@talbert.co.za. Loer ook op www.talbert.co.za.

Loer ook na Talbert se toerusting op Agri4all.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0