Wynplaas
Van Loveren: Doen alles reg en wen die pryse
’n Wynplaas wat voorwaar op verskillende gebiede aan die spits is, is die De Goree-wynplaas wat die Van Loveren-handelsmerk se wyn verskaf. Van Loveren se Five’s Reserve Pinotage 2013 is onlangs tydens die Michelangelo International Wine & Spirits Awards met die trofee vir die beste Fairtrade-rooiwyn bekroon – een van slegs 15 trofeë waarop meer as 1 500 wyne vanjaar hulle oog gehad het.