volstruisbedryf Ontwikkeling
Die volstruisbedryf in die Klein-Karoo deel 3: Ontwikkeling van die volstruisbedryf
Die ontwikkeling van die volstruisbedryf loop hand aan hand met die geskiedenis van Oudtshoorn. Klein begin Oudtshoorn het in 1838 tot stand gekom met die bou van die eerste kerkie op die plaas Hartebeesrivier op die oewers van die Grobbelaarsrivier. ՚n Boer, Cornelis Petrus Rademeyer, wat twee deelplase besit[...]