Steed 6
Die GWM Steed 6 is 'n Sjinese wenner
Sedert die Sjinese vervaardiger, GWM, se toetrede enkele jare gelede tot die Suid-Afrikaanse motormark is menige skeptiese motorgeesdriftige al aangenaam verras. In minder as tien jaar kon die GWM-bakkies in ‘n strawwe ekonomiese en hoogs mededingende bakkiemark nie net oorleef nie, maar ook ’n markaandeel by gerekende vervaardigers afneem. Ook het die bakkies ‘n naam gebou as goeie waarde-vir-geld voertuie.
GWM wil 'n duik in die Suid-Afrikaanse bakkiemark slaan
Sjina se motorkarvervaardigers is nie in Suid-Afrika om speletjies te speel nie. Die verskeie fabrikate uit die Oosterse land is besig om ’n stewige markaandeel te verower terwyl die gehalte ook stadig maar seker op peil kom.