SlimBoerdery
Die gebruik van hommeltuie in boerdery – deel 2: Van speelding tot presisiewerktuig
Op die oog af lyk ’n hommeltuig dalk soos ’n speelding wat in die lug rondsweef, maar in moderne landbou het hierdie tegnologie vinnig ontwikkel tot ’n kragtige bestuursinstrument. Vir boere in Afrika, en veral in Suid-Afrika waar plase dikwels groot, ruwe terrein beslaan, bied hommeltuie nuwe maniere om gewasse te monitor, insette presies toe[...]