ses maande geëindig 31 Oktober 2016
Senwes presteer ondanks die droogtesiklus
Senwes, een van die grootste landbou-ondernemings in Suid-Afrika, het sy tussentydse finansiële resultate vir die ses maande geëindig 31 Oktober 2016 aangekondig. Nieteenstaande die droogte is goeie resultate behaal. Die maatskappy toon 'n wins na belasting van R91-miljoen, teenoor die wins na belasting van R103-miljoen vir die ooreenstemmende tydperk[...]