Lexus IS-reeks
Lexus IS-reeks vir 2017 bekendgestel
Lexus se IS-modelreeks is pas opgeknap en gedurende Desember 2016 plaaslik bekendgestel. Met ‘n veel aggressiewer voorkoms en varser binneruim is die nuwe reeks gereed om die C-klas, 3-reeks en A4 uit Duitsland die stryd aan te sê. Buitekant tref die nuutontwerpte sierrooster en nuwe hoofligontwerp onmiddellik. Groter luggate[...]