Karoo Gateway Bewarea
Nuwe bewarea verbind Klein- en Groot-Karoo
Die Karoo Gateway Bewarea is ‘n nuwe toevoeging tot bewaringsgebiede in die Wes-Kaap, en in besonder in die Klein-Karoo wat die Groot-Karoo by Klaarstroom ontmoet. Tom Barry van CapeNature vertel meer oor wat die bewarea vir die streek en bewaring beteken. Klaarstroom is ‘n piepklein dorpie met ‘n hotelletjie[...]