Hereford Suid-Afrika
Hereford: Vinnige groeiers vir fynproewers
“Vleis raak soos wyn,†verduidelik Adam Kethro van Greenfields Free Range Beef digby Mooirivier in Kwazulu-Natal. In die handvol uitgesoekte restourante, slaghuise en winkelgroepe in Johannesburg, Kaapstad en Durban, asook Mooirivier self, waar Greenfields se keurige vleis beskikbaar is, weet fynproewers om by die naam vir Greenfields te vra.