beesrasse
Ons praat oor beesrasse: Verhoog produktiwiteit op jou plaas met die Sussex-ras
Gehalte, winsgewendheid, vrugbaarheid en die kwaliteit vleis van ’n beesras is van groot belang vir enige goeie beesboer. Die Sussex-ras, een van die oudste beesrasse in die wêreld, het dit alles en meer. Omdat die ras medium-vroeg ryp is, is dit uiters geskik vir kruisteling, veral met inheemse rasse[...]
Hereford: Vinnige groeiers vir fynproewers
“Vleis raak soos wyn,†verduidelik Adam Kethro van Greenfields Free Range Beef digby Mooirivier in Kwazulu-Natal. In die handvol uitgesoekte restourante, slaghuise en winkelgroepe in Johannesburg, Kaapstad en Durban, asook Mooirivier self, waar Greenfields se keurige vleis beskikbaar is, weet fynproewers om by die naam vir Greenfields te vra.