Syferfontein Bonsmaras hou uitsonderlike 24ste produksieveiling

Veiling-uitslae
Syferfontein Bonsmaras het die 22ste Junie, hulle 24ste produksieveiling te plaas Goodlands, Vrede-distrik gehou en skitterpryse behaal. Met voortreflike bloedlyne en diere met besondere teelwaardes, wat hulself oor geslagte heen bewys het, was die uitstaande gehalte diere aangebied op Syferfontein se 24ste produksieveiling weereens ‘n toonbeeld van die dryf agter Syferfontein se missie en visie.
Die gemiddelde op die veiling behaal was soos volg:
SYFERFONTEIN BULLE | R99 865
BLOUKRAAN BULLE | R88 667
DRAGTIGE KOEIE | R44 333
DRAGTIGE VERSE | R56 071
KOEIE MET KALWERS | R65 278
3 IN 1 | R60 000
Hoogste: BULLE | R700 000
DRAGTIGE KOEIE | R65 000
DRAGTIGE VERSE | R75 000
KOEIE MET KALWERS | R100 000
3 IN 1 | R75 000
Kyk die veilingshoogtepunte hieronder: