Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 21st July 2022

Syferfontein Bonsmara’s hou ‘n uitstekende 23ste Produksieveiling

By 1 min read
244 words

LOT-12reg

Syferfontein Bonsmara’s het Donderdag die 14de Julie hulle 23ste Produksieveiling gehou, vir die eerste keer te Plaas Goodlands in die Vrede-distrik.

Nico Pieterse, eienaar en uitvoerende bestuurder van Syferfontein Bonsmara’s vertel meer: “Ons het ‘n goeie opkoms en ‘n wonderlike dag gehad, ons het 65 bulle aangebied wat ons verkoop het teen ‘n gemiddelde prys van R90 000, gemiddelde prys op die dragtige verse was R56 000, die gemiddeld op dragtige koeie, R52 000 en die gemiddelde prys op koeie met kallers was R62 000.”

Hiermee die volledige veilingsuitslae:

“Ons het heelwat nuwe ondersteuning gehad, SwiftVee het uitstekend gedoen op die aanlyn platform. Dit was maar net weereens vir ons ‘n groot voorreg om so dag aan te kon bied. Dit was ons eerste jaar wat ons, ons jaarlikse produksieveiling aangebied het op die Plaas Goodlands, onder baie druk en uitdagings, het ons die perseel reggekry en ons het heerlik veiling gehou. Ek is weereens opreg dankbaar vir die voorreg om met hierdie ras te kan teel en met die beeste asook die mense in die bedryf te kan werk,” voeg Nico by.

Die veiling was aangebied deur Vleissentraal Ermelo, in samewerking met SwiftVee se aanlyn platform. Mike Killasy was die afslaer.

Ons wens Syferfontein Bonsmara’s baie geluk met ‘n puik veiling, geluk ook aan al die kopers met uitstaande diere.

Rikus de la Rey (verkoper), Viljoen Pieterse, Nico Pieterse (verkoper), Ahmed Bhamjee (koper) en Mike Kilassy (afslaer) by Lot 12, die duurste bul van die dag.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0