Swart Maandag sal nog lank onthou word

IMG-20171030-WA0018
Boere en mense regoor die land het vandag swart aangetrek uit protes teen plaasmoorde en ter ondersteuning van boere en hulle families wat onder plaasaanvalle deurgeloop het. Hulle het nie net swart aangetrek nie, maar ook die hoofpaaie toegemaak met hulle voertuie, trekkers en werktuie. By Klapmuts waar ‘n jong boer, Joubert Conradie, onlangs vermoor is, was daar veral goeie ondersteuning vir die veldtog. Die was juis sy dood wat gelei het tot die oproep dat openbare protes gehou moet word.
ProAgri sê ook nee vir plaasmoorde. Sien hieronder ‘n fotobeeld van die Swart Maandag:





