Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 26th May 2025

Suzuki het ‘n motorfiets vir elke doel en ook een vir jou

By 4 min read
680 words

NAM02435

Justin du Toit gesels by NAMPO oor al Suzuki se produkte.

Suzuki is ‘n welbekende naam in die motorfietswêreld en meer onlangs in die voertuigwêreld ook. Wanneer jy ‘n Suzuki koop weet jy jy koop gehalte.

Justin du Toit van Suzuki Safari het by Suzuki se NAMPO 2025-stalletjie gretig vir besoekers vertel hoekom hy en die Safari-klub Suzuki kies.

Suzuki Safari

Die Suzuki Safari-klub bring avontuurlustiges bymekaar.

Suzuki Safari is ‘n gesamentlike onderneming tussen Africa Expeditions en Suzuki Auto Suid-Afrika. Hier kom Suzuki-geesdriftigesbymekaar om hulle Suzuki-voertuie op avonture deur Afrika te neem.

Die groep is gestig om die ongetemde verkenning van Afrika in robuuste styl te ervaar met Suzuki se veldry-tegnologie agter hulle.

Justin vertel dat daar wel ander goedkoper vervaardigers is, maar dat hy in Suzuki glo omdat dit ‘n erfenis is en die produkte praat vir hulleself.

“Suzuki het nou al oor en oor bewys dat hulle produkte werk en hou; vir ons dit is so eenvoudig soos dit. Terwyl dit nie die goodkoopste produk op die mark is nie, is dit na my mening die beste. Ons het nog nooit met ons motorfietse gesukkel nie en ons het hulle al in Angola, Botswana, Namibië, Zambië en selfs Tanzanië beproef,” vertel Justin.

Suzuki bied ‘n wye reeks motorfietse van vierwiele tot langafstandmotorfietse. Justin het drie van hierdie produkte uitgewys waarin hy glo.

Suzuki KingQuad

Suzuki het die eerste vierwielmotorfiets ter wêreld gebou en jare later het hulle weer bewys hoekom hulle die konings van vierwielmotorfietse is met die Suzuki KingQuad.

Daar is niks wat die KingQuad-reeks nie kan bemeester nie, of jy nou ‘n berg wil skuif of ‘n berg wil klim, jy sal ‘n KingQuad-vierwiel kry wat jou op ‘n avontuur sal vat. Met hoë wringkrag, uitstekende sleepvermoë, flink hantering en slim tegnologie weet Suzuki wat jy in ‘n vierwielmotorfiets wil hê.

Die KingQuad-reeks begin by die KingQuad 400 tot by die KingQuad 750-reeks.

Suzuki DR200

Wanneer jy ‘n motorfiets soek om jou werk te vergemaklik,het Suzuki die DR200.

“In die motorfietswêreld glo ons jy moet dit eenvoudig hou en daarom is die Suzuki DR200 so perfek,” vertel Justin.

Hy voeg by dat hierdie ‘n kanniedood motorfiets is wat perfek is vir landboutake. Die DR200 kombineer krag en gerief om ‘n veelsydige motorfiets te vorm met sterk veldry-vermoë.

Die DR200SE het ‘n enkelsilinder-vierslagenjin met lugverkoeling, wat net die regte hoeveelheid wringkrag en perdekrag bied om jou rit met gemak op grondpaaie aan te dryf.

“Die DR200 hou eenvoudig net sonder einde. Daar is van hierdie motorfietse wat in Lesotho gebruik word en al meer as 300 000 km op die standaard-enjinhet,” vertel Justin.

Suzuki DL1050

Justin du Toit by die Suzuki DR200-motorfiets.

Laaste het Justin gesels oor die Suzuki DL1050.

“As jy ‘n avontuurfiets soek wat nooit ‘n slag gaan oorslaan nie en wat ook nie jou bankrekening gaan dreineer nie, is hierdie die fiets vir jou. Daar is bloot net nie beter waarde vir geld nie,” vertel ‘n opgewonde Justin.

Die DL1050 kom as standaard met ‘n tweerigting-snelwisselingstelsel wat jou toelaat om jou ratte op of af te skakel sonder om die koppelaarhefboom te gebruik. Wanneer dit geaktiveer word, lewer die stelsel gladde opskakelings met ononderbroke versnelling.

Die Suzuki-vastrapbeheerstelsel en grondmodusstelsel is ontwerp om te help voorkom dat die agterwiel gly. Jy kan uit drie beheermodusse kies om te bepaal hoe vinnig die stelsel in werking tree en hoe proaktief dit is om wieltol te beperk, of jy kan kies om dit af te skakel.

Die spoedbeheerfunksie verminder die bestuurer se stremming, veral wanneer daar lang afstande teen ‘n konstante spoed gery word. Die funksie laat jou toe om ‘n vasgestelde spoed te handhaaf sonder om die versneller te gebruik.

“Die is dalk nie die vinnigste fiets op die mark nie, maar hy het krag en hy is net ‘n absolute kilometervreter. Of jy winkels toe wil gaan of op hom spring en ‘n avontuur van 1 000 km deur Afrika wil aanpak, hierdie is die fiets vir jou,” sê Justin.

Die Suzuki DL1050-motorfiets.

Besoek gerus Suzuki se webwerf by www.suzukimotorcycle.co.za om te sien wat hulle jou nog kan bied.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0