STIHL dien die boer in vele take

STIHL2
Nadine Green en Werner Nuss wys hoe lyk die nuwe MS 382. Dit is ’n witwarm kettingsaag wat verlede jaar bekendgestel is. Dit is die vorige MS 381, wat die grootste verkoper onder kettingsae in Suid-Afrika was, se opvolger. Baie van die MS 382 se onderdele is dieselfde as dié van sy voorganger, maar hy is ligter en beloof om nog suiniger met die brandstof te werk.
Die lente is hier, dit gaan eersdaags reën en gras, boomlote en onkruid gaan begin handuit ruk. Die enigste uitweg is om gehalte produkte in te span om die natuur in toom te hou.
STIHL het in die middel 70’s die grootste kettingsaagverkoper in die wêreld geword en hou vandag steeds die status. Hierdie Duitse familie-onderneming bestaan al sedert 1926 en verskaf vandag wenwerktuie in 160 lande deur ongeveer 45 000 handelaars. STIHL se produkte word al sedert 1956 deur verskeie agente in Suid-Afrika verkoop. 21 jaar gelede het STIHL amptelik in Suid-Afrika begin handel dryf deur ’n filiaal te stig. Daar is 158 handelaars in Suid-Afrika – amper een in elke dorp.
Werner Nuss is STIHL se sake-ontwikkelingsbestuurder vir landbou. Hy sê: “Ons produkte is gevaarlik, maar STIHL neem al die nodige voorsorgmaatreëls om te sorg dat die produk so veilig as moontlik vir gebruikers is. Ons verkoop slegs deur gespesialiseerde handelaars wat opleiding by ons hoofkantoor in Pietermaritzburg moet ontvang. Ons handelaars moet ook al ons toerusting wat hulle verkoop kan diens en hulle mag nie ons produkte verkoop sonder om dit uit die verpakking te haal, aanmekaar te sit en seker te maak dat dit ordentlik loop nie. Hulle moet die kliënt ook behoorlik wys hoe die produk werk en die toepaslike veiligheid- en onderhoudaspekte verduidelik.
STIHL bied ook ‘n hele reeks persoonlike beskermings- en veiligheidstoerusting vir die veilige verbruik van hul produkte.
STIHL is ver vooruit as dit by die aanvoeling van gebruikers se verwagtinge vir die toekoms kom. Batteryaangedrewe gereedskap is die nuwe inding en STIHL het reeds 19 produkte wat met 36-volt batterye werk, asook ’n nuwe reeks produkte met ingeboude 18-volt batterye vir tuis gebruikers.
“Enigeen wat ’n STIHL-produk besit, koop nie maklik weer iets anders nie. Ons waarborg dat ons vir 10 jaar nadat ’n produk van die mark verwyder is nog steeds onderdele daarvoor sal verskaf,” sê Nadine Green, bemarkingsbestuurder van STIHL.
Kontak Werner Nuss by 082-781-2093 of 033-846-3800 om meer van STIHL se produkte uit te vind.

So lyk die drukwassers wat onontbeerlik in vark- en hoenderhokke en melkstalle is, of om bakkies, trekkers en werktuie skoon te spuit. Die RE 163 tot die RE 272 Plus pas elkeen in sy eie nisaanwending.

STIHL se FS 250-bossiekapper is ’n professionele masjien vir vuurbestuur en om bosse en gras te sny.

Jy kan nie sonder ’n nuwe STIHL-rugsakblaser in die hitte van ’n veldbrand of voorbrand betrap word nie. Werner wys hoe lyk die nuwe BR 700, wat een van die nuttigste en gerieflikste masjiene is om vure mee te bestuur.

’n STIHL-heiningsnoeier is ’n belangrike gereedskapstuk in ’n suksesvolle vrugteboer se kas.