Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 18th June 2018

Stewarts & Lloyds het alles wat jou plaas nodig het

By 2 min read
444 words

s en L1

Geslagte lank reeds is Stewarts & Lloyds een van die eerste woorde wat ’n plaaskind leer ken. ’n Mens kan immers nie van pompe, hekke, heinings en ’n swetterjoel ander boerderybenodigdhede praat sonder om Stewarts & Lloyds se naam te noem nie. Stewarts & Lloyds is ’n groot onderneming met ’n betroubare naam en ’n gevestigde reputasie.

Stewarts & Lloyds bied die boer die jongste tegnologie, goeie diens, uitstekende gehalte en die kliёnt is altyd eerste. Hule loop al 110 jaar die pad saam met Suid-Afrika se boere en hulle 32 takke wat wyd oor Suid-Afrika strek verskaf die beste gehalte ingenieurs-, konstruksie-, hardeware-, vloeistofbeheer-, gereedskap- en ander produkte. Hulle is veral groot in die staalbedryf en voer al hoe meer staal in.

Stewarts & Lloyds dra ook by tot die gemeenskap, soos met ’n onlangse skenking van watertenks aan die Dierebeskermingsvereniging. Dit was Stewarts & Lloyds se tweede keer by NAMPO en volgens Peter Ker-fox het dit vanjaar sommer baie goed gegaan.

Peter Ker-fox, Jason Tannous, Barend Jacobz en Des Hattingh by Stewarts & Lloyds se standplaas op NAMPO.

Nuttige plaasprodukte wat Stewarts & Lloyds aanbied:

Windpompe:

Stewarts & Lloyds is agente vir Southern Cross-windpompe en hulle bemark ook die Climax-windpompe wat veeboere regoor die land se damme vol hou. By NAMPO het hulle ’n spesiale aanbod op ’n wye reeks Climaxwindpompe gehad. Dit het die kop, ratkas, stert, toring en ander onderdele ingesluit.

Besproeiing:

  • Duys-watertenks is ’n baie gewilde produk van Stewarts & Lloyds, want met die waterkrisis waarin ons land vandag sit en die droogte moet boere waterbewus wees en genoeg tenks hê om reёnwater op te vang. Hulle het politeentenks in verskeie diktes en verskeie kleure en groottes vir water en ander vloeistowwe.
  • Plastiekpype
  • Plastiektoebehore

Pompe:

  • Oppervlakpompe wat swembadpompe insluit.
  • Boorgatpompe vir grondwater, huishoudelike water en medium tot grootskaalse besproeiing.
  • Dompelpompe

Franklin-sonkragpanele:

Hoe minder afhanklik ’n boer van Eskomkrag is, hoe sterker staan hy. Daarom het Stewarts & Lloyds se Franklin-sonpanele ongelooflike be-langstelling by NAMPO gekry. Dit word saam met boorgat- en swembadpompe gebruik.

Metabo-kraggereedskap:

Metabo is net so ’n bekende en vertroude naam soos Stewarts & Lloyds, daarom is dit net logies dat die maatskappy hierdie kraggereedskap by hulle produkreeks gevoeg het.

Kleppe:

Verskeie kleppe soos stoomkleppe, bal- en bolkleppe, veiligheidskleppe, drukverminderingskleppe, en vele meer word aan boere en die nywerheid verskaf. Verder bied Stewarts & Lloyds ook alle omheiningsmateriaal en hardewareprodukte soos verf, gereedskap, sweistoerusting, veiligheidsprodukte en gietstukke.

Soek jou naaste tak aanlyn by www.stewartsandlloyds.co.za of kontak hulle by 011-553-8500.

Stewarts & Lloyds se windpompe
het lekker gedraai in die sterk wind
wat oor NAMPO gewaai het.

Die Metabo-kraggereedskapreeks het baie boere se monde laat water.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0