Categories: News, Stock and breeds, Vee en rassePublished On: 26th October 2022

Sterkfontein Meatmasters se produksieveiling lok boere van heinde en ver

By 2 min read
343 words

DSC_0476

Die duurste ram is aanlyn verkoop aan Jaco van der Merwe. By die spog ram is Corné du Plessis, Willem van den Berg (snr), Willem van den Berg (jnr), Lucille van den Berg en PW van Heerden.

Sterkfontein Meatmasters se top diere is al die pad van Wepner na Gauteng gebring om aan te bied by die Sterkfontein Meatmaster produksieveiling. Die veiling het plaasgevind op Saterdag, 22 Oktober 2022, by Fire & Wine Arena in Pretoria. Die geleentheid het mense gelok van heinde en verre om diere van Sterkfontein Meatmasters asook Dirk Steenkamp Meatmasters en Dorpers, wat gasverkoper was te koop.

Willem en Lucille van den Berg, eienaars van Sterkfontein Angusse en Meatmasters, boer met Meatmasters sedert 2007 en was tevrede met die pryse wat tydens die veiling behaal was.

Die duurste ram, lot 37, van Sterkfontein was verkoop vir R 47 500.00 aan Jaco van der Merwe, van Agricola Meatmasters, wie aanlyn gebie het.

Die tweede duurste ram was verkoop vir R 45 000.00. Van links na regs is Stanley Nkomo (koper), Willem en Lucille van den Berg van Sterkfontein Meatmasters (verkopers), PW van Heerden (Bemarker: CdP Auctioneering Services), en Corné du Plessis (Afslaer).

Die tweede duurste ram, lot 33, is verkoop vir R 45 000.00 aan Stanley Nkomo wie die veiling lewendig bygewoon het.

Gemiddelde pryse behaal vir ramme was R 26 785.00, en R 3 500.00 vir ooie. Die gemiddeld vir dragtige ooie was R 3 875.00.

“Ons is baie tevrede oor die goeie gemiddeld wat ons vir die ooie behaal het en ons is regtig dankbaar oor die ramme se pryse,” vertel Willem, “Dit was ‘n goeie string wat op aanbod was, veral so laat in die jaar.”

Verder het Willem al die kopers bedank. “Ek wil net graag ook die kopers wat aanlyn gebie het en die mense wat hier teenwoordig was bedank en uitnooi na ons volgende veiling in Bloemfontein.”

Top genetika is deurlopend sigbaar in hierdie kudde se ramme. Heel voor staan lot 33.

Corné du Plessis van CdP Auctioneering Services was die afslaer.

Besoek gerus die ProagriMedia-webwerf om die video te sien.

Die bemarking en veiling was georganiseer deur CdP Auctioneering Services. Om meer uit te vind oor hulle dienste, besoek hulle webtuiste by www.cdpauctioneers.co.za.

Vir meer inligting oor Sterkfontein Meatmasters, kontak vir Willem by (+27)83-254-1344 of stuur ‘n e-pos aan wnhb@shisas.com.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0