Categories: NewsPublished On: 7th June 2017

Sterker rand plaas druk op prysvlakke

By 1 min read
106 words
angora

Angora+Goat

Op die laaste veiling van die somer verkoopseisoen het die sterker Rand bokhaarpryse negatief beïnvloed ondanks goeie kompetisie van die verskillende kopershuise.

Die Rand het met 1,8% teenoor die Amerikaanse Doller versterk in vergeleke met die vorige veiling en teen R12,86 verhandel.

Die gemiddelde markaanwyser het met 4,3% teruggesak en op R189,37/kg gesluit. Die gemiddelde prys vir kleinbokkiehaar het met 3,7% gedaal tot R298,34/kg terwyl jongbokhaar 4,9% goedkoper teen R218,84/kg verkoop is. Fyn grootbokhaar pryse het 4,6% laer op R193,57/kg gesluit terwyl sterk grootbokhaar met 3,7% gedaal het en teen R182,13/kg verkoop is.

Die eerste veiling van die winter verkoopseisoen is geskeduleer vir 15 Augustus 2017.

Bron: BKB

0
Views: 345Comments Off on Sterker rand plaas druk op prysvlakke

Deel hierdie artikel.

0