Stefan van Wyk Toekenning

Stefan van Wyk trofee
Van links na regs, Ben Raath, President van die Genootskap sowel as die vorige wenner van die trofee, Ilané van Wyk, Christo Rothman en Charné van Wyk. Ilané en Charné van Wyk is wyle Stefan van Wyk se dogters.
Die jaarlikse dinee van die Tuli Beestelersgenootskap van SA is op 8 September 2022 gehou. Christo Rothman, Bushmans’ Mountain Tuli Stoet van Gariep Dam was die vierde wenner van die Stefan van Wyk wisseltrofee vir die Tuli Kudde van die Jaar.
Stefan van Wyk was wyd bekend in die hele landbougemeenskap en was ‘n bemarker by ProAgri.