Categories: NewsPublished On: 14th March 2017

Staat moet boere betaal wat paaie regmaak

By 1 min read
140 words
potholes

potholes

Boere wat self herstelwerk aan paaie doen omdat die paaiedepartement dit nie doen nie, kan in die toekoms die koste van die staat terugeis, sê die Hof.

Die Oos-Kaapse paaie gaan binnekort baie beter lyk, want Regter JM Robertson het in die Grahamstadse Hooggeregshof beslis dat die Departement van Provinsiale Paaie en Openbare Werke in die Oos-Kaap binne 90 dae kontrakteurs moet kry om paaie in die provinsie reg te maak.

Agri Oos-Kaap het twee jaar gelede die regsgeding begin om die staat te dwing om die paaie reg te maak.

Die Regter sê ook indien die departement nie die paaie kan regmaak nie moet hulle ‘n ooreenkoms met munisipaliteite of kontrakteurs aangaan om dit binne ses maande te herstel. Agri Oos-Kaap kan ook kwotasies vir herstelwerk kry en dit laat doen en dan moet die departement dit aan hulle terugbetaal.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0