Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 17th October 2022

Soutpansberg Bonsmara Veilingsverslag

By 1 min read
182 words

soutpansberg 1

Duurste bul

Soutpansberg Bonsmara van Vivo Limpopo het hulle 15de gesamentlike produksieveiling gehou op die 14 de Oktober by die Drukgang veilingskompleks  op die plaas De Ruigte, en was aangebied deur die gedugte span van Andre Kock en Seun Limpopo. Niel Swart was die afslaer gewees.

Die opkom was baie goed en die verkope het nie teleurgestel nie, die kommersiële aanbod was van baie goeie gehalte en goed gevaar op die veiling.

Die duurste bul – lot 6 (BBP 19 0093 was verkoop aan Mogan Bros Legacy Pty Ltd (Moganedi RM) vir R 200 000.

Bulle:

Hoogste: R 200 000.00

Gemiddeld: R 84 340.00

Kommersiële dragte koeie:

Hoogste: R 31 000.00

Gemiddeld: R 24 900.00

Kommersiële dragte verse:

Hoogste: R 36 000.00

Gemiddeld: R 29 027.00

Kommersiële koei en kalf:

Hoogste: R 31 000.00

Gemiddeld: R 26 375.00

Kommersiële oop verse:

Hoogste: R 17 000.00

Gemiddeld: R 15 489.00

Kommersiële verse:

Hoogste: R 20 000.00

Gemiddeld: R 19 000.00

Louis van der Walt en Bouts Botha van Soutpansberg Bonsmara wil almal bedank wat die veiling bygewoon het en nooi almal uit na die 2023 Soutpansberg se 16de gesamentlike veiling wat weer in Oktober gehou gaan word.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0