Categories: NewsPublished On: 29th August 2017

Skerp brandstofprysstygings in September verwag

By 1 min read
160 words
petrol

brandstof

Die pryse van brandstof sal na verwagting in September skerp styg. Volgens die jongste inligting van die Departement van Energie wat vanoggend bekend gemaak is, kan die prys van petrol 93 (ULP & LRP) in Gauteng op Woensdag, 6 September 2017 moontlik met 57,8c per liter en die prys van diesel met ‘n 0,005% swaelinhoud moontlik met 45,2c per liter styg.

Die gemiddelde Brent ru-olieprys het oor die afgelope maand tot $51,70 per vat gestyg teenoor $49,50 per vat verlede maand. Hierdie hoër ru-olieprys het  skerp stygings in die gemiddelde internasionale pryse van petroleumprodukte gehad wat verhogings van 54,0c per liter in die petrolprys en 41,4c per liter in die dieselprys veroorsaak het.

Die daaglikse gemiddelde R/$-wisselkoers het verlede maand teen R/$13,16 verhandel en die afgelope maand tot R/$13,22 verswak wat ‘n verdere styging van 3,8c per liter in beide die petrol en dieselpryse tot gevolg gehad.

Die finale prysveranderings sal deur die minister van Energie bekend gemaak word.

Bron: Departement van Energie

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0