Shell verstaan landbou
Maak nie saak of dit plant-, groei- of oesseisoen is nie,’n boer se trekkers en werktuie moet sonder oponthoud of sukkel kan beweeg.
Shell verstaan dat om in die landbousektor winsgewend te wees moet boere kan staatmaak op moderne, gesofistikeerde masjinerie en toerusting wat hoë gehalte smeermiddels en diesel benodig wat onder enige omstandighede uitstekend moet presteer. Dit is waarom hulle Shell Diesel Extra en Rimula 4X vir boere aanbeveel om die prestasie van hulle masjinerie en toerusting te optimaliseer.
Shell is beïndruk dat boere die behoefte vir operasionele betroubaarheid het, veral gedurende spitstyd in die saai en oesseisoene. Van swaardiens enjinolies tot spesialis fyndryf smeermiddels, bied Shell ’n wye reeks innoverende produkte en ondersteuningsdienste wat deur internasionale kundigheid gerugsteun word.
Shell se smeermiddels kan landboumasjinerie se leeftyd verleng, betroubaarheid verhoog sowel as onderhoudskoste en uitlaatgasse verminder. “Ons produkte beskerm waarborg-ooreenkomste deur die toerusting-vervaardiger en bedryfspesifikasies se behoeftes in ons produkte te weerspieël. Ons uitgebreide reeks smeermiddels is spesiaal ontwikkel om elke deel van elke masjien glad en doeltreffend te laat werk,” se Raymond Abraham, kommersiële tegniese bestuurder by Shell.
Shell se smeermiddeldeskundiges het ’n goeie begrip van die landbousektor se uitdagings ontwikkel en het hulle ondervinding en kennis gebruik om tegnologies-leidende produkte soos Rimula 4X te ontwikkel. Dié olie lewer duidelike voordele wat in plaastoerusting gedemonstreer kan word en bied beskerming teen drie groot sondebokke; slytasie, neerslag en roes.
Shell Diesel Extra is spesifiek ontwikkel om boere te help om brandstofverbruik te bestuur. Die formulering van die brandstof help om die opbou van neerslag op die enjin se inspuitingkoppe te verhoed. Deur Shell Diesel Extra te gebruik kan enjins die brandstof meer doeltreffend verbrand met meer volledige verbranding wat daartoe lei dat toerusting so na as moontlik aan die vervaardiger se oorspronklike spesifikasies funksioneer.
Shell Diesel Extra is ’n top-gehalte diesel wat met unieke, voordelige eienskappe soos geen-skuim tegnologie wat die tenk se vultyd verkort en kostes verminder deur verbeterde verbranding en enjinbeskerming.
Verspreiding
Dikwels laat die natuur boere net toe om in ‘n kort venster-tydperk ‘n magdom take uit te voer. Dit verhinder boere om rond te soek vir gehalte diesel of smeermiddels. Met ‘n duidelik begrip van die probleem het Shell besluit om ’n aantal onafhanklike brandstofverspreiders regoor die hele land aan boord te neem. Shell glo dat hoe nader die boer aan die verspreidingspunt is, hoe meer doeltreffend hulle dienslewering sal wees.
"Ons vermoë om brandstof en smeermiddels deur ons netwerk van gekontrakteerde Shell-verspreiders te lewer wat ook die Shell handelsmerk dra, speel ‘n belangrike rol in die diens aan ons landbou-kliënte. Boere kan ook die voordele van die tegniese kennis, wat deur middel van opleidingsprogramme na grondvlak oorgedra word, geniet. Die doeltreffende bestuur van insette en insetkoste kan ‘n boerdery-onderneming maak of breek," voeg Raymond by.
Vir meer inligting kan Réomè van der Westhuizen, indirekte brandstofbemarkingsbestuurder: Shell Suid-Afrika by 082 463 4344 of r.vanderwesthuizen@shell.com gekontak word.