Categories: Artikels, VeilingsPublished On: 21st August 2023

Shashi en Tsavu Tuli hou suksesvolle eerste produksieveiling

By 2 min read

bul

Lot 10, die duurste bul op die veiling, is verkoop vir R 52 000.00

’n Betreklik suksesvolle eerste produksieveiling van die Shashi en Tsavu Tuli-stoet is aangebied die 1ste Augustus, te plaas Shashi, buite Mcleantown in die Oos-Kaap.

Die span by Shashi en Tsavu Tuli Stoet waardeer die ondersteuning wat hulle van die gemeenskap ontvang het vir hulle eerste veiling. Hulle waardeer hulle kopers en glo dat die diere voordelige toevoegings tot hulle kuddes sal wees.

“’n Eerste veiling is altyd moeilik en kom nie sodner uitagings, maar ons is trots op ons span en alles wat ons bereik,” sê die span van Shashi en Tsavu.

Hulle spreek ook dankbaarheid uit teenoor die spanne agter die skerms, insluitend Sheard-afslaers en SwiftVee, wat die veiling ‘n sukses gemaak het. “Ten spyte van die uitdagings met die elektrisiteit en internetonderbrekings, maar is verlig dat diens herstel is,” sê hulle.

“Aan ons familie wat almal ingeskakel het ons salueer julle almal, en aan ons Red Alert-span, ons is ook opreg dankbaar vir al julle harde werk om die dag spesiaal te maak,” sê die groep ter afsluiting.

Aan almal wat gehelp het om hierdie reis moontlik te maak, is hulle ewig dankbaar voor en werklik geseënd, en hulle hoop om almal weer volgende jaar te sien.

Die gemiddelde en hoogste pryse van die dag

Bulle:

  • 10 Tuli stoetbulle is aangebied en die duurste bul, Lot 10 (ST 18 0061), is vir R52 000.00 verkoop.

Vroulike diere:

  • Geregistreerde dragtige koeie is verkoop en die hoogste prys behaal was vir Lot 31 (ST 170059) wat verkoop is vir R 18 000.00
  • Geregistreerde koeie en kalwers is verkoop en die hoogste prys behaal was vir Lot 25 (XY 100014) wat verkoop is vir R 17 000.00
  • Geregistreerde oop koeie is verkoop en die hoogste prys behaal was vir Lot 58 (ST 180080) wat verkoop is vir R 13 500.00
  • Geregistreerde dragtige verse is verkoop en die hoogste prys behaal was vir Lot 44 (ST 210009) wat verkoop vir R 19 000.00
  • Geregistreerde oop verse is verkoop en die hoogste prys behaal was vir Lot 22 (ST 190010) wat verkoop is vir R 21 000.00
  • Geregistreerde verse en kalwers is verkoop en die hoogste prys behaal was vir Lot 23 (ST 180020) wat verkoop is vir R 19 000.00

As jy jou veiling wil bemark kontak:

Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com

Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment