Senwes kry sonkrag

DCIM100MEDIADJI_0055.JPG
DCIM100MEDIADJI_0055.JPG
As die hoofkantoor van Senwes in Klerksdorp vanuit die lug gesien word, lyk dit soos ‘n sonenergie-aanleg. Al die dakke van die Senwes-gebou is bedek met 2 392 sonpanele met ‘n totale kapasiteit van 753,48 kWp. Hierdeur gaan Senwes R2-miljoen in die eerste jaar op sy kragrekening spaar.
Hierdie projek is in Januarie vanjaar begin en is in Junie klaargemaak. Die projekbestuurder, Johan le Roux, monitor die Solar PV met ‘n spesiale toepassing, Sunny Portal, wat die totale kW wat per uur geproduseer word, gee. Hy is baie opgewonde oor die resultate so ver: 70 000 kWh, wat sowat R117 600 sou kos, is sover oor een maand gespaar.
Senwes wil hulle hoofkantoor in ‘n “groen gebou” omskep.
Bron: Senwes