Categories: NewsPublished On: 2nd June 2017

SEB kan steeds groei ondersteun, vir almal – Is daar ‘n plan?

By 3 min read
689 words

SEB

“’n Paar maande gelede ontmoet Marathon met ‘n bewese entrepreneur oor die SEB uitdagings in sy besigheid, en wat hom te doen staan. Met die aanvang van die gesprek, noem hy dat – as ek hoor dat persone oor SEB begin gesels, stap ek weg, en vermy die onderwerp.

“Na afloop van ons aanbieding oor die omvang van die SEB Kodes en die impak daarvan op besighede vir hom toegelig is, het die gesprek meteens begin fokus op geleenthede en hoe SEB sinvol kan bydrae tot ‘n besigheid se groei. Die entrepreneur het besef dat slegs met ‘n doelgemaakte SEB plan, hy sy telkaart uitdagings sou kon aanspreek,” sê Andre Muller, direkteur van Marathon. 

Geen plan is nie ‘n SEB strategie nie

“Ons het beslis empatie met die entrepreneur en die vrese jeens SEB – soos bv. die komplekse vereistes, die addisionele koste van administrasie en die moontlike verlies aan beheer. Dit kan moontlik oorweldigend voel of selfs wees, maar die realiteit is dat om niks te doen nie, is nie ‘n goeie of proaktiewe SEB strategie nie”, aldus Andre.

“Dit is nie iets wat gaan verdwyn of verander nie, en die toekoms of lewensvatbaarheid van meeste besighede is baie nou gekoppel aan hoe hulle gaan reageer op die SEB uitdagings wat aan hulle gestel word.”

Die uitgangspunt is dat SEB gesien moet word as ‘n strategiese prioriteit en dan daarna die nodige aandag van die senior leierskap moet geniet. Wie weet, die besigheid se SEB strategie kan potensieël een van die mees kompeterende voordele van die betrokke besigheid word.

Volg ‘n stel beginsels

Marathon is van mening dat om ‘n sinvolle en volhoubaar SEB inisiatief in plek te stel, dit volgens ‘n paar basiese beginsels gedoen moet word.

Besin gerus oor die volgende gedagtes:

  1. Daar is altyd geleenthede vir werkbare oplossings as daar positief en innoverend gekyk word na elke spesifieke geval of konteks.
  2. Wanneer besigheidsleiers bereid is om die grense te toets binne ‘n bedryf se bepaalde waardeketting, kan daar nuwe beleggings- of groei moontlikhede ontsluit word.
  3. Groot voordele kan geskep word deur die samewerking tussen besighede in ‘n bepaalde area of sektor as hulle projekte saam kan aanpak.
  4. SEB kan, en moet uiteindelik self-befondsend wees.

“Wees egter op die hoede. As ‘n besigheid enige kompromieë sou aangaan wat strydig is met die oorhoofse strategie, etos of filosofie van die besigheid, sal die uiteinde moontlik ene wees van ontnugtering, verbrokkelde verhoudings en skade aan die finansiële posisie of reputasie van die besigheid”, sê Andre.

Plaas eerste dinge eerste

Voordat enige nuwe SEB inisiatiewe aangepak kan word, moet daar duidelikheid wees oor die volgende vertrekpunte:

  • Wat is die huidige SEB status, en waar presies is die besigheid op die ‘SEB-reis’
  • Wat is die omset en wins voor belasting – dit dryf verskillende SEB teikens
  • In watter bedryf en waardeketting bevind die besigheid dit hoofsaaklik
  • Wie is al die strategiese “vennote” in verskaffing van die verskillende produkte en dienste
  • Wie of wat is die besigheid se teikenmark(te)
  • Hoeveel werknemers is daar in die besigheid, en wat is die waarde van die betaalrol.

Die ideale benadering tot SEB

Daar is ‘n paar sleutelelemente wat die suksesvolle uitrol van enige SEB strategieë beïnvloed..

Oorweeg die volgende:

  • Die HUB/BD van die besigheid moet die SEB strategie besit, teikens stel en dit dryf.
  • Plaas die regte personeel (leiers) in beheer van die uitvoering van die SEB strategie en hou hulle afsonderlik en in geheel verantwoordelik vir vordering en die behaal van teikens.
  • Voer tydige en eerlike gesprekke met alle belanghebbendes, en hou alle betrokke partye ingelig ten opsigte van alle planne en vordering.
  • Pas moontlik die bestaande administratiewe prosesse aan, veral rondom personeelsake, opleiding en aanskaffing. Dit vereis dat jy moet beplan en stelsels in plek sit wat kontrole, dokumentering en meting kan ondersteun.

“As Marathon het ons self reageer op die SEB-landskap deur die loodsing van die 40Points inisiatief. Dit stel besighede in staat om met die hulp van ‘n gefokusde program hulle Verkrygings, Verskaffer en Besigheids-ontwikkeling strategieë sinvol te ontwikkel en goeie prestasies te kan behaal in terme van die SEB telkaart”, sê Andre.

Uitgereik deur: Atmosphere Communications

0
Views: 233Comments Off on SEB kan steeds groei ondersteun, vir almal – Is daar ‘n plan?

Deel hierdie artikel.

0