Schietnek Bonsmara
Sakkie Steynberg en sy pa, Jan Steynberg, boer nog altyd met beeste. Eers op die plaas, Oulande in die Winterhoekberge, Uitenhage distrik en later op Oesterbaai in die Kouga Distrik.
Ongeveer 32 jaar gelede koop Steynberg Boerdery geregistreerde Bonsmara koeie by twee (2) verskillende stoeterye.Daarna het Sakkie op ‘n gereelde basis stoetbulle aangekoop.
Oor die jare het Steynberg Boerdery se Bonsmara veldbulle baie gewild geword onder kommersiël boere in die Oos – en Noord Kaap weens die feit dat hulle baie gehard en goed aanpasbaar is. As gevolg van die omgewing waar hulle grootword het hulle ‘n baie goeie weerstand teen die vernaamste bosluissiektes.
Steynberg Boerdery het ‘n goeie aanvraag vir hulle Bonsmara-bulle. “Ons is trots om te kan sê dat ons kliënte baie tevrede is met ons diere en koop altyd weer by ons.”
Sakkie is later deur ander stoetboere in die omgewing omgepraat om die koeie te laat keur en te registreer by die Bonsmara genootskap. Vandaar Schietnek Bonsmara wat vanaf 2016 so bedryf word.
In 2014 begin Steynberg Boerdery ook dormers aankoop. Eerste aankoop was van Dorwald Dormer Stoet. Daarna koop Sakkie gereeld stoetramme van drie verskillende stoeterye. Hulle Dormers is goed aangepas by die omgewing se omstandighede. Hulle doen goed op veld en ook aangeplante weiding. Daar is ‘n baie goeie aanvraag vir hulle vroulike diere asook ramme die afgelope paar jaar.
Moenie hulle veiling op 4 Augustus misloop nie.