Scania draf lag-lag met die swaarste vrag

DSC_0591
“Ek sal ’n Scania weer vervang met ’n Scania,” sê Rossouw van Bergen, eienaar van Noordkaap Landboudiens- (NKLD) -vervoermaatskappy en besproeiingsboer van Backhouse Landgoed by Douglas.
Rassie Jonker, wat al 23 jaar van Rossouw se Scania-vragmotors bestuur, stem saam: “Die beste ding wat nog ooit op die aarde gemaak is, is ’n Scania R 580.” Rassie toets elke handelsmerk vir hulle en het al ’n 1982-model van Scania ook bestuur.
Rossouw het twintig vragmotors waarvan tien Scanias is. Hy vervoer hoofsaaklik chemiese produkte vir die landboubedryf landswyd. Hy het in 2011 letterlik deel van die Scania-familie geword, want hy koop nie net by hulle nie, maar braai ook saam met hulle… en hy het nog nooit sy besluit betreur nie: “Ek het eers drie Scania-vragmotors tweedehands gekoop met tussen 30 000 en 40 000 kilometer op en toe koop ek nog splinternuwes by; almal is die R 460 en R 580-modelle,” sê hy.
Die vragmotors ry tussen 15 000 en 18 000 km gemiddeld per maand en vervoer 95% van die tyd vragte vir ander mense en 5% vir Rossouw self. Sy vragte weeg elk so 37 ton.
As jy vir Rossouw vra hoekom moet ’n boer en vervoerkontrakteur ’n Scania koop, het hy baie redes: “Dit is ’n goeie gehalte trok met goeie rygerief en goeie tweedehandse waarde. Die belangrikste van alles is die goeie brandstofverbruik, veral op die groot lorrie (R 580).”
Baie van die vragte word op grondpaaie vervoer en Scania doen dit sonder skroom, sukkel of skade.
“Ek hou ook baie van ’n Scania, want alles van hom van a tot z is Scania: sy ratkas, sy lugversorger, alles is deur Scania self vervaardig,” sê hy.
Rossouw het Scania se finansieringsopsies gebruik. “Hulle bied baie goeie finansiering aan. Ek sal nie ’n lorrie by hulle koop en nie by hulle finansier nie.”

Rossouw van Bergen, eienaar van Noordkaap Landboudiens, by sy mooi rooi Scania-vragmotor wat na sy dogtertjie, Klara, vernoem is.
Scania se diensplan
Rossouw het Scania se R&M (Repair and Maintenance)-diensplan op al sy vragmotors uitgeneem en is baie tevrede daarmee.“Dis ’n diensplan wat hou tot ek weer my vragmotor verkoop; ek diens hulle elke 40 000 km. Jy betaal ’n bepaalde aantal sent per km elke maand,” sê hy.
“Ek ry ’n trok net drie jaar of tot op 600 000 km dan ruil ek hom weer by Scania in. Hulle gee die ou wat hom koop ook ’n sesmaandediensplan.”
Scania se diens
Volgens Rossouw het Scania nie naweke nie; hulle na-ure diens is puik en jy kan 24/7 die belsentrum kontak.
Hy vertel hoe sy R 460 Scania se ratkas eenkeer in Harrismith probleme gegee het. “Die lorrie was nog nie ’n jaar oud nie en onder waarborg. Hy kon ook nie lank staan nie, want hy het gevaarlike stowwe opgehad,” sê Rossouw.
“Hy was 9-uur die oggend in by Scania en 4-uur die middag ry ek met ’n splinternuwe ratkas,” sê Rassie.
Rossouw kry ook baie goeie diens by hulle naaste Scania-tak in Kimberley. “Hulle maak tyd om deurgaans goeie diens te lewer en soms kan jy selfs oor ’n naweek jou trok laat versien.”
Rassie sê dit is lekker om ’n trok Scania toe te vat vir versiening. “Hulle het ’n skoon wagkamer, koffie, tee, tv en doen baie ekstra moeite wat ander maatskappye nie doen nie om jou wagtydjie aangenaam te maak.”
Rossouw sê ook jy koop nie net die vragmotor nie, maar kry altyd ekstras by Scania soos ’n hoed vir die bestuurder en ’n speelgoedvragmotortjie vir jou kind.
Scania connect
Scania het ’n rekenaarstelsel in die vragmotor om te sien hoe goed die bestuurder die vragmotor hanteer. As die persentasie wat die bestuurder behaal te laag is, stuur hulle ’n instrukteur om jou bestuurder ’n week lank op te lei. Met hierdie stelsel kan die eienaar ook enige tyd op sy selfoon sien hoe die vragmotor hanteer word en hoe vinnig hy ry.
“Jy sal nooit terugkyk as jy ’n Scania gekoop het nie en jy sal beslis nie die pad alleen stap of ry nie,” sê Rossouw.
Kontak Scania by 011-661-9600 of besoek hulle webwerf www.scania.co.za vir meer inligting oor jou naaste handelaar om ook ’n Scania te ry.

Jan de Klerk is die bestuurder van die rooi Scania. Hy sê hy wil amper nie uit die vragmotor klim nie so gerieflik is hy binne-in.

‘n Scania se kajuit is die toppunt van gerief en gemak. Daar is selfs ’n snoesige bed sodat bestuurders
mekaar kan aflos.