Categories: NewsPublished On: 15th March 2017

Savpo stel nuwe hoofuitvoerende beampte aan

By 1 min read
198 words
Johann Kotzé

Mr Johann Kotzé (New SAPPO CEO)

Die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie (Savpo) het Johann Kotzé (46) as hulle nuwe hoofuitvoerende beampte aangestel. Johann neem van 1 April af oor by Simon Streicher, wat na 17 jaar by die organisasie aftree.

Johann sluit by Savpo aan vanaf Eerste Nasionale Bank (FNB) waar hy die sake-ontwikkelingsbestuurder van Afrika en Landbou was. In hierdie rol was hy verantwoordelik om FNB se landbouportefeulje in Tanzanië, Zambië, Mosambiek, Lesotho, Namibië, Swaziland en Botswana te bestuur.

Voor hy by FNB aangesluit het, het hy by Agri Wise Consulting gewerk wat hoofsaaklik in die Suidelike-, Westelike- en Oos-Kaap, asook in buurlande bedryf word. In hierdie posisie was hy betrokke in strategiese beplanning, finansiële oplossings en risiko-ontleding. ‘n Belangrike fokus gedurende hierdie tyd was groenprojekte en die strukturering van swart ekonomiese bemagtiging- (SEB) -vennootskappe.

“Johann bring baie kennis van die plaaslike boerderysektor na sy nuwe posisie. Hy weet hoe om hierdie sektor te bedryf. Hy verstaan die dinamika van organisasies baie goed, wat ‘n belangrike vaardigheid in sy nuwe posisie is. Hy is ook ‘n goeie leier, ‘n natuurlike kommunikeerder en ‘n sterk beplanner. Ons is baie gelukkig dat hy by ons span aansluit,” sê James Jenkinson, voorsitter van Savpo.

Bron: Savpo

Foto: Johann Kotzé

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0