Categories: NewsPublished On: 18th October 2016

Santam skenk R250 000 vir die Agri SecuritasTrustfonds

By 1 min read
225 words
Santam

santam-ceo-lize-lambrechts-with-japie-grobler-chairman-of-agri-securitas-trust-fund

Lize Lambrechts, Santam besturende direkteur en Japie Grobler, voorsitter van die Agri Securitas Trustfinds.

Santam het R250 000 vir die Agri Securitas Trustfonds geskenk wat geskep is om boere te help in die stryd teen plaasaanvalle en misdaad.

Die R250 000 se bydrae is bekend gemaak tydens Agri SA 2016 se kongres. Santam se besturende direkteur, Lizé Lambrechts, sê: “Boere en die gemeenskappe wat afhanklik is van landbou vir hulle bestaan, staar droogte, stygende kostes in voedselproduksie en die negatiewe impak van misdaad op hulle maatskappye in die gesig. Die prysenswaardige pogings van Agri SA en die Securitas-fonds om boere, plaaswerkers en hulle gesinne se veiligheid te verbeter is ‘n verdienstelike saak. En dis een van die maniere waarop ons kan help om by te dra tot die langtermyn volhoubaarheid van boerdery in ons land. ”

Agri SA het die Trustfonds in 1999 gestig om hulpbronne te mobiliseer in die bevordering van ‘n veilige en voorspoedige landbousektor in Suid-Afrika. Die fonds bied die nodige ondersteuning aan plaaslike boerderygemeenskappe. Bydraes word aangewend in die aankoop van toerusting soos sekuriteitskameras en radiokommunikasie stelsels, die verskaffing van landelike beveiligings toerusting, die befondsing van misdaadverwante navorsingsprojekte, traumaberading en inligtingversamelingsdienste om plaasaanvalle te bekamp.

“Ons glo dit is van kritieke belang om ondersteuning en bystand te gee waar ons kan om die risiko’s te hanteer,” sê Lizé.

Bron: Verklaring

Foto: Lize Lambrechts, Santam se besturende direkteur oorhandig die tjek aan Japie Grobler, voorsitter van die Agri Securitas Trustfinds.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0