Santam skenk R2-miljoen aan droogterampfonds

santam
Min boere kan dit bekostig om teen alle risiko’s soos droogte te verseker, maar Santam Landbou het besluit om sy toewyding aan die landbougemeenskap te toon deur R2-miljoen vir droogtehulp te skenk.
Die hoof van landbou by Santam, Gerhard Diedericks, sê die skenking is aan die Nasionale droogterampfonds gemaak wat deur Agri SA bestuur word. Die boere wat die grootste nood het, sal eerste gehelp word.
“Die hardnekkige droogte het ‘n uitwerking op die ekonomie en die voedselsekuriteit van die land. Dit is die regte ding om te doen om boere te ondersteun,” sê Gerhard.
Hy voeg by dat Santam sal aanhou om die boeregemeenskap te ondersteun.
“As die oudste versekeraar in die sektor, met meer as 85 jaar se ondervinding met die landboubedryf se hoogte- en laagtepunte, verstaan ons die rol wat boere speel in voedselsekuriteit. Ons moet baie meer doen om ons boeregemeenskappe by te staan,”sê Gerhard.
Bron: Nuusvrystelling Santam Landbou