Categories: NewsPublished On: 20th February 2017

SANSOR vra vrae oor herfskommandowurm en Bt-mielies

By 1 min read
herfskommandowurm

herfskommando kopskade d van heerden syngenta

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Saadorganisasie (SANSOR) sê daar is tot dusver nog nie formele bevestiging van wetenskaplikes bekom dat Bt-mielies bestand is teen herfskommandowurms nie.

Dit volg op ‘n verklaring deur Monsanto waarin hulle sê veldtoetse het getoon dat die nuwe generasie Bt-mielies, met ander woorde, mielies met die YieldGard®II-geen geen skade getoon het as gevolg van die wurms nie. Mielies wat as toevlugsoord langs die spesifieke GMO-gewasse aangeplant is, is wel opgevreet.

Lees hier meer daaroor.

SANSOR het in ‘n verklaring gesê daar is ook geen wetenskaplike bewys dat die wurms die land ingekom het of versprei word deur saad nie.

Die organisasie, wat rolspelers in die saadbedryf verteenwoordig, sê hulle sal aanhou werk saam met hulle vennote, die regering en boere om seker te maak dat die uitbreking op ‘n verantwoordelike manier hanteer word.

Rig enige navrae aan Isabel Bezuidenhout by 012-472-9501 of phyto@sansor.co.za.

Hooffoto: D van Heerden, Syngenta

0
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
0