Categories: NewsPublished On: 10th March 2017

SANRAL se tariefverhogings is nog ‘n terugslag vir SA verbruikers

By 2 min read
348 words
tolhek

tolhek

Met verhoogde brandstofheffings en POF (Padongelukkefonds), moet motoriste nou ook hulleself regmaak vir verhogings aan tolgeld wat deur SANRAL(Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap) aangekondig is. Volgens die Automobiel Assosiasie (AA) is dit ‘n verdere finansiële knou vir SA se verbruikers en sal dit verdere druk op motoriste plaas.

Van die SANRAL-gebruikers (nie almal) het ‘n e-pos gekry wat hulle in kennis stel van die verhogings. Daar was geen aanduiding hoekom die verhogings gemaak is nie. SANRAL sê die veranderinge was in die regering se Gazette op 16 Februarie gepubliseer.

“SANRAL het nie probeer om met die publiek oor hierdie onderwerp te betrek nie. Ons het SANRAL gewaarsku dat hulle ondersteuning vanaf die publiek moet probeer wen, maar dit lyk of hulle houding teenoor motoriste arrogant en ongevoelig is. Ons sal nie verbaas wees , gegewe hierdie houding, dat motoriste danksy die ekonomiese toestand in SA nie die tolgeld betaal nie. SANRAL moet onthou hulle is ‘n diensverskaffer vir hulle kliënte, die motoriste van SA, en tog wys hulle houding die teenoorgestelde,” sê die AA.

Die gepubliseerde verhogings dek die tolgeld oor SA, insluitend die Gauteng Freeway Improvement Project (GFIP), waar betalingstariewe laag bly.

“In April sal die algemene brandstofheffing met 30c verhoog en die POF-heffing met 9c. Dit beteken dat motoriste regoor SA R4,78, of 35%, sal betaal aan belasting vir elke liter petrol wat hulle in hul voertuie gooi.”

Die AA sê al vir ‘n lang tyd  dat tolgeld vervang moet word met ‘n afgebakende bedrag as deel van die algemene brandstofheffing sodat motoriste nie twee keer vir belasting moet betaal om openbare paaie te gebruik nie.

AA gee ook die verhogings van die tolgeld deur aangesien SANRAL dit nie aan die verbruikers kommunikeer nie. “Terwyl die verhogings slegs besigheid in SANRAL se oë is, is dit nie die geval vir die Suid-Afrikaanse verbruiker nie.”

Hieronder is ‘n voorbeeld van die huidige en vorige tariewe asook die finansiële impak van ‘n dagreis van Soweto tot Pretoria. Die reis sal verbruikers ‘n bykomende 6% in tolgeld kos.

sanral

sanral

Hier is die nuwe tariewe soos deur SANRAL bekendgemaak: AA-PR16-SANRAL-TollTariffIncreases-March 2017

Bron: AA

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0