Rwanda verbied landbou-invoere van SA

Prime rib
Beautiful Prime rib
Die Ministerie van Landbou en Diere-hulpbronne van Rwanda het die invoer van vleis, suiwelprodukte, groente en vrugte vanaf Suid-Afrika verbied as gevolg van Listeriose, ‘n siekte ook bekend as Kaba.
“Vleis, melk en suiwelprodukte, groente en vrugte wat vanaf Suid-Afrika ingevoer is, is verban totdat Listeriose nie meer op SA se grond is nie,” sê ‘n verklaring wat geteken is deur die minister van Landbou en Diere-hulpbronne, Geraldine Mukeshimana.
“Boere en veeartse word aangeraai om vinnig enige plaaslike dier wat tekens van die siekte toon aan te meld by Rwanda Landbouraad vir dringende behandeling,” sê die verklaring verder.
Listeriose raak hoofsaaklik swanger vroue, babas, bejaarde persone en volwassenes met ‘n verswakte immuunstelsel.
Die siekte val diere se brein aan.
Volgens verslae is 557 Listeriose gevalle in SA aangetref in 2017 en ten minste 36 mense is dood daarvan.
So ver is Gauteng (62%) en Kaapstad (16%) die meeste deur die siekte geraak.
Bron: Bizcommunity