Categories: Mechanisation videos, VideosPublished On: 16th February 2024

Rumax, ‘n pionier in die voerbedryf

By 1 min read

Picture1

Jaco Pieters, eienaar van Rumax, vertel meer oor presies hoe dinge by Rumax gedoen word – vanaf die bestelling geplaas word tot die aflewering by die kliënt.

Rumax vervaardig landboumasjiene vir hoofsaaklik die voerbedryf, soos voermengers en hamermeule.

Hulle vervaardig al hulle eie produkte om enige onnodige foute te vermei. Hulle het ook sonpanele en kragopwekkers sodat beurtkrag geen impak op hul produksie het nie.

Vir Rumax is dit belangrik om produkte betyds klaar te maak, kwaliteit te beheer en seker te maak dinge word reg gedoen.

Planne vir die masjiene word op die rekenaar geteken en uitgewerk. Nadat die materiaal vir die masjien deur ‘n laser uitgesny word, gaan dit na die buigmasjien om dit te vorm. Masjiene word na verskillende dele van die fabriek gestuur waar die nodige werk gedoen word. Daarna word dit aanmekaar gesit, geverf, laaste samestellings word gedoen en dit word getoets om seker te maak alles loop soos dit moet.

Rumax vervaardig toerusting vir boere van groot na klein. Hul hamermeule kom in ‘n reeks waar die verbruiker kan kies watter hamermeul by hulle behoeftes pas. Dieselfde geld vir die voermengers.

Vir meer inligting, besoek https://rumax.co.za

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment